Kunstige koffie-kalender
Foto’s: verskaf Galery
Liefde en koffie. Twee Italiaanse obsessies. Die Amerikaanse celeb-fotograaf Mark Seliger se fotografie vir die 2011-kalender van die Italiaanse koffiemeester Lavazza is sielvol en sensueel.
Elke foto beeld die tema “Om verlief te raak in Italië” uit. Dis die negentiende kalender wat uitgegee word en is die maatskappy se legendariese “besigheidskaartjie” in 40 lande. Die foto’s is in romantiese Italiaanse stede soos Capri, Florence, Venesië, Verona (van Romeo & Juliet-faam) en Napels geskiet. Die kalender is nie te koop nie, maar geniet dit gerus aanlyn.
Vir meer inligting besoek www.2011.lavazza.com
Verwante artikels
-
At Botha skilder! En die appel val nie ver van die boom nie
SARIE - Maart 2011
At Botha is een van ons beroemdste akteurs. Hy het ’n lang en suksesvolle loopbaan gehad en is ’n gerespekteerde naam in vermaaklikheidskringe.
-
Jana Strydom se koffiewinkel
SARIE Julie 2010
Wees op die uitkyk vir Jana Strydom (Kate in Erfsondes en Helena in 7de Laan) as jy dalk inval by die Wild Rocket Café in Fourways, Johannesburg.
-
Vroue is soos koffie
SARIE - November 2009
















Kommentaar