NUUT! SARIE KOS vir MANS
Verby is die dae dat die kombuis net vir vroue beskore was! SARIE KOS vir mans volg in die voetspore van SARIE KOS, Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse kostydskrif. Dit is van 26 Mei op die winkelrakke.
NUWE KOSTYDSKRIF VIR AFRIKAANSE MANS ’N SA EERSTE
SARIE KOS vir mans is ’n jaarlikse tydskrif en bedoel vir die moderne Afrikaanse man wat sy kosmaak-vaardighede wil uitbrei tot verder as die braaivleisvuur. Hy is waarskynlik ’n buitelugmens en vurige sportondersteuner, maar erken hy bewonder Jamie Oliver en Nigella Lawson. En dié nuwe tydskrif is sy regterhand in die kombuis.
Hierdie man ken sy pad in die supermark en kies sy gunstelinge sorgvuldig. Hy skroom nie om ’n bottel wyn oop te maak sommer so terwyl hy kosmaak nie. Hy wil graag nuwe smake ontdek en niks maak hom gelukkiger as om vir familie en vriende te kook of kerse aan te steek vir ’n romantiese ete vir twee nie.
SARIE KOS vir mans volg dieselfde formaat as SARIE KOS, met vier duidelike afdelings: sy kos, manne-kos, huiskos en buite-kos. Heerlike kos-stories, resepte vir familie en vriende (elkeen met ’n foto geïllustreer), ’n rubriek en handevol slim wenke en nuwighede maak elke afdeling besonders en inspirerend.
Volgens Barbara Joubert, SARIE KOS se redakteur (Galliova-wenner: beste kosskrywer in 2009 en saam met Herman Lensing mede-redakteur van SARIE KOS vir mans), is dit vir haar die lekkerste as haar man agter die potte inskuif en vir almal begin kosmaak. “Manne, dis nóú tyd om jul kreatiwiteit in die kombuis uit te leef. Die geliefdes in jou lewe sal beslis nie omgee nie!” sê sy.
Michélle van Breda, SARIE se redakteur, sê die een stukkie SARIE-statistiek wat mense sonder ophou verras, is dat 31% van die tydskrif se lesers mans is. “Hierdie mans is nie bang om hul talent en kreatiwiteit in die kombuis te wys nie. Drie van die vyf wenners in ons SARIE KOS-wedstryde tot nou toe was ook mans, wat net nog ’n bewys is dat die bekendstelling van SARIE KOS vir mans onvermydelik was. Nou moet ons dit maar erken, die manne het ons verlei – dié tydskrif was ’n móét, en dit was een van ons lekkerste projekte nóg. Ek voorspel dat die bordjies dié keer verhang gaan wees – dat ook vroue nie hul hande van hierdie tydskrif sal kan afhou nie.”
SARIE KOS vir mans is van 26 Mei 2010 op die winkelrakke teen R32,95.
IN DIÉ UITGAWE
Maak steak & tjips soos 'n sjef (met sous, ja)


Manne-wegbreek: Kampkos vir die naweek

15 vinnige bachelor-etes


3 wenpotte - Kenner sê hoe


Maak jou eie beesbiltong


Skrywer Johan Bakkes se boskos

6 maklikste brode


Vat 'n forel huis toe


Verwante artikels
-
SARIE KOS wen gróót tydskrifprys
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Die Niel Hammann-prys gaan jaarliks aan dié tydskrif wat die beste vaar in Media24 se tydskrif-portfeulje. Vanjaar word die prys toegeken aan SARIE KOS.

































Kommentaar
Leandi het gesê:
Is daar nog net 1 Sarie Kos vir Mans uit? Die Aug 2010 uitgawe? Of het ek uitgemis?
3de Mar. 2012, 21:41Cecilna het gesê:
Ek het die eerste uitgawe op die rak misgeloop en is so spyt want my 3 manne gaan graag kamp en visvang. Wanneer kan ons inteken en waar kan ons die eerste uitgawe kry as ek dit gemis het - my manne vra!!!!
27ste Sep. 2011, 14:10Ina van Wyk het gesê:
Fantastiese tydskrif en baie oulike resepte en almal in ons familie geniet dit. My sus wil graag weet wanneer die volgende uitgawe verskyn. Laat weet asseblief. Groete,
15de Mei. 2011, 20:09ORPA BEKKER het gesê:
Weet nie wie hierdie ongelooflike Sarie Kos vir Mans-idee uitgedink het nie, maar dit is voorwaar 'n treffer! My man (ons is senior burgers) het sy oog gou op die maklike ciabattabrood gehad! Die eindresultaat was ongelooflik en ons Kenwood, met K-beater-en al, werk oortyd en die pantoffelbrode word elke dag uitgeryg! Wonderlike geskenk-idee ook vir vriende as jy uitgenooi word vir ete. Vleissnitte ook interessant - mens raak nooit te oud om te leer nie! Kosgroete! Orpa Bekker 30 Julie 2010
30ste Jul. 2010, 13:22Annette het gesê:
Hi daar, ek het die afgelope naweek van winkel tot winkel in Pretoria gegaan maar kon nie Sarie Kos vir Mans kry nie. Nie eers CNA Jakarana Sentrum kon help nie. Waar kan ons bestel?
26ste Jul. 2010, 14:48Maryke van SARIE het gesê:
Hi Samuel. Ongelukkig kan mens nog nie op SARIE KOS vir mans inteken nie. Sodra dit verander, sal ons julle dadelik inlig op sarie.com. Groete
22ste Jul. 2010, 09:15Samuel Keeve het gesê:
kan ek inteken op sarie kos mans
21ste Jul. 2010, 19:47Gert Strydom het gesê:
Waar kan ek een krt asb.?
17de Jul. 2010, 12:06Simone het gesê:
Ek het dit gemis, kan julle asb nog uitbring?Of kan ons bestel?
6de Jul. 2010, 14:52Jana Nel het gesê:
Weer Jana. Is daar 'n moontlikheid dat my SARIE KOS in my posbus afgelewer kan word. Bly op 'n plaas in N-Kaap en is bang ek loop my uitgawes mis. DANKIE DANKIE DANKIE "SARIE KOS"
2de Jul. 2010, 20:51Jana het gesê:
bBaie geluk SARIE, ek het jul eerste uitgawe by ons Motorhawe gekoop en daar is net een manier om te se DIS GREAT!!!!!!!!!!!!! Jana Nel
2de Jul. 2010, 20:47Sjezey Lottering het gesê:
Ek sal ook graag wil weet waar ek Sarie kos vir mans in die hande kan kry, ek is absoluut gek oor al die Sarie kos boeke, maar het ook al my naaste winkels in Centurion probeer en kry dit nerens te koop ni. Kan iemand my asb help!
2de Jul. 2010, 13:45Collin het gesê:
Ek het gisteraand die t-bone met bearnaise sous gemaak. Eerste keer wat ek steak in my riffel pan gebraai het en dit was 'n reuse sukses. Twee lekker t-bones. Pan baie warm, steak olyf olie gesmeer en sout en peper opgesit. 5 Minute per kant (net een draai) en dan 3 minute laat staan. Steak, sous en tjips in 'n warm bord geskep. Heerlik gewees.
24ste Jun. 2010, 15:48Esti Swart het gesê:
My kerel wil so graag die tydskrif he, maar ek was al by 5 winkels en kan dit nerens kry nie! Ek is aan die Oos-Rand, maar het ook al in centurion gesoek... Waar kan ek dit kry?
24ste Jun. 2010, 14:47Marinda de Jongh het gesê:
My man kan net n eier bak en sowaar,ek gaan die boek vir hom koop!!!
23ste Jun. 2010, 15:21Collin het gesê:
Ek het dit as vadersdag geskenk gekry. Die boek is stunning. Ek het gister middag bietjie voorgelees uit die boek uit (ek is in 'n saamry klub) en die ander manne het almal onderneem om vir hulle ook een te koop. Ek maak vanaand die t-bone met bearnaise sous.
23ste Jun. 2010, 10:04Gerhard Botha het gesê:
As 'n man enige tydskrif deurblaai kyk hy watse resepte daarin is. Sarie kos vir mans is AMA.....zing
19de Jun. 2010, 16:21Bessie Louw het gesê:
Kan julle asb help. Ek het die hele Nelspruit deurgesoek vir SARIE KOS VIR MANS maar kon niks kry nie? Laat my asb weet by watter winkel ek dit te koop kan kry? Groete
18de Jun. 2010, 14:36Antoinette Magson het gesê:
Was so bietjie skepties oor die boek, maar hel! SARIE julle weet maar net hoe om dit te doen! van steak tot brood! En as my man nie vir my so romanties gaan kook nie is die hel los! Ek kan nie genoeg kry nie. Barbara en Herman, julle is voorwaar 'n voorslag in die kombuis! Baie geluk en ek kan nie wag vir die volgende een nie!
16de Jun. 2010, 17:59Maryna van Durban Shelly Beach het gesê:
Ek het die boek gekoop en vind dit UITERS UITSTEKEND MET BAIE duidelike aanduidings en raad en stories, bespreekings i.v.m met die resepte, MAN dit is "even" BETER as vir ons Vroue somer “Jealous” op so ‘n PUIK BOEK en dit vir ons manne!!! Ek raai almal aan(manne en vroue)” Spoil” jou self en skaf sommer gou een aan voor hulle UITVERKOOP is!!! Kan nie wag vir die volgende een nie (Hierdie kos sal almal van hou kook, braai en kamp die kos is NIE BAIE “fancy”nie(wat ek van hou lekka vinnig), MAAR LEKKER KOS!!! en "EASY" ook! BAIE BAIE GELUK SARIE HOU SO AAN !!!!!!
14de Jun. 2010, 13:37Sarah Aucamp het gesê:
dit lyk alles goed, mooi en lekker net jammmer in Tzaneen op 14 Junie 2010 is Sarie Kos nie beskikbaar in enige winkel tot PNA en CNA
14de Jun. 2010, 13:10Janette Wiehahn het gesê:
Baie geluk SARIE KOS! Wat 'n uitstekende uitgawe - beveel dit aan vir al my vriende.
8ste Jun. 2010, 19:46Derik het gesê:
Sjoe wat 'n fantastiese boek! Ek het dit gister gekoop na ek na omtrent 4 winkels moes gaan, dis rerig 'n wenner! Die brood storie gaan ek beslis elkeen van bak en nie eers gepraat van die baie lekker kamp resepte nie. Daar is soveel lekker stories om te lees! Baie geluk Sarie!
6de Jun. 2010, 17:39Ou tanta Kowa het gesê:
Dit maak my sommer lus, om net more die boek te gaan koop Al het ek al vir jaaarrre nie meer uit 'n boek kos gemaak nie..... So lekker lyk die fotos - vd Kos meen ek
28ste Mei. 2010, 18:33Zani het gesê:
Ek kry dit nerens in Centurion te koop nie - help asb!
28ste Mei. 2010, 12:13Bianca het gesê:
Dis 'n sexy man wat staan en visvang!
26ste Mei. 2010, 20:22Susan Owen het gesê:
Super Cool, ek dink die vroue gaan net so opgewonde wees oor die boek as die mans
26ste Mei. 2010, 11:15JENIFER MEYER het gesê:
FANTASTIES!
25ste Mei. 2010, 15:32