NUWE BOEK: Proe die lekker, Kos-inspirasie uit SARIE
Dié nuutste boek uit die pen van SARIE se geliefde en bekroonde kosredakteur sal ’n beste kosmaat in jou kombuis wees
Met Proe die lekker, Kos-inspirasie uit SARIE nooi Barbara Joubert almal saam op ’n smaakreis deur haar koswêreld.
Barbara kook uit haar hart. Hierdie versameling van haar allergunstelinge deur die jare is soos ’n spieël van haar gulhartige onopgesmuktheid. Elke resep is ’n tree op die kosreis verlede toe en terug na vandag: van gister se tamatiebredie, pampoenkoekies en soetpatat tot vandag se kos vir besige dae. En poeding!


















Kommentaar
Peter het gesê:
Weer zo'n leuk boek met heerlijke recepten. Misschien gaat er uit mijn familie of kennissenkring weer iemand naar Zuid Afrika en kan hij of zij dit boek meenemen. Als er net zulke recepten in staan als het andere boek wat ik gekregen heb dan wordt dat weer dolle pret. Groeten uit Nederland van Peter
20ste Sep. 2009, 21:37Madeleine Venter het gesê:
Goeie naand dames. Wou net graag laat weet dat ek n getroue sarie kos ondersteuner is, en dat daar nie nog n tydskrif is (in ons liewe wereld) soos ons se sarie kos nie. Ek kan nie die 3 maande vinnig genoeg om wens tot die volgende een nie. Ek kook so gereeld as moontlik uit my uitgawe, het tot n tik masjien by my pa gekry om die resepte uit te lig sodat my boeke nie verniel nie. In my oe moet daar elke maand n uitgawe wees, maar mens kan nie die bul en die horings kry nie. Moet asb nooit ophou nie. Julle Getroue ondersteuner, Madeleine Venter.
19de Aug. 2009, 18:57regina lehmann het gesê:
Oeee lyk baie lekker, het Barbara se ander boek baie geniet, is in Duitsland, maar het my dogter laat weet sy moet uikyk vir die boek!!
14de Aug. 2009, 10:31