O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?
Ja, dis waar! Discovery Channel (DStv-kanaal 121) se realiteitsprogram Cake Boss is op 12 Julie om 17h30 vir die eerste keer in SA te sien, maar dis reeds 'n internasionale fenomeen.
Miljoene kykers regoor die wêreld kyk weekliks hoe meester-bakker Buddy Valastro en sy uitgebreide Italiaanse familie die mees bisarre koeke in hul New Jersey-bakkery bak.
Van die Pisa-toring vir 'n troue tot 'n brandweerwa met flikkerende ligte, rook en 'n noodalarm en die geboue van New York... Buddy en span tower dit op!
Plaaslik is Nicolas van der Walt ons eie Cake Boss!
"Mense spandeer soms tot R10 000 op 'n koek vir spesiale geleentheid. Ek moes al 'n 3D-stootskraper bou wat sowat 1,7 meter hoog was. Of hoe klink 'n sjokolade-troukoek met 1 100 jasmyn-suikerblommetjies, 150 wit rose van Belgiese sjokolde...?"
Verwante artikels
-
5 Minuut-sjokoladekoek
SARIE KOS Herfs 2010
-
Gesonder peer-sjokoladekoek
SARIE KOS Lente 2009
Minder ryk steeds so lekker
-
Romerige gebakte kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 2
Dis die klassieke resep met 'n suurlemoengeur.
-
SARIE-verjaardagkoek
SARIE - Julie 2009
Vir my is ’n verjaardag nie een as daar nie ’n koek is nie. Hierdie koek maak jy al die vorige dag en jy kan dit die dag van jou ete klaar versier
-
Sjokolade-chiffonkoek
SARIE KOS Herfs 2009
Die woord “chiffon” beskryf dit goed – ’n baie ligte koek. Gebruik ’n chiffon-koekpan
-
Sjokolade-oliekoek
SARIE KOS Herfs 2009
Dit het ’n baie ligte tekstuur, daarom gebruik ek ganache as versiersel. Jy kan ook die versiersel vir die vinnige sjokoladekoek gebruik
-
Suurlemoen-ringkoek
SARIE KOS - Lente 2008
Heerlik op die teetafel. Dis lig, maar met ’n effense surigheid.
-
Suurlemoenkoek
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 5
Vir ons verjaardag-uitgawe van Julie het Nataniël spesiaal 'n suurlemoenkoek gebak. Hier is die resep
-
Vinnige sjokolade klapperkoek
SARIE - Mei 2010
Dié resep is so eenvoudig om te maak. Dis my oplossing vir 'n vinnige nagereg wat jou gaste sal laat vra vir meer!
-
Vinnige sjokoladekoek
SARIE KOS Herfs 2009
Hierdie maklike een is vir wanneer jou kind op die nippertjie aankondig: Ma, ons moet môre koek skool toe vat
-
Wortelkoek
SARIE KOS Herfs 2010
Die lekkerte is dat dit met volkoringmeel gemaak word.






















Kommentaar