Ons gesels met Namibiese kosskrywer Antoinette de Chavonnes Vrugt

Deur Lou-Ann Stone, SARIE KOS Lente 2009

"Kook is nie vir my 'n issue nie." Toe die eerste Februarie-reëns vrugte baar in volronde omajovas het koskenner en Namibiese "braaikoningin" Antoinette de Chavonnes Vrugt die eerste blaaie van My hungry heart sien gebeur...

My Hungry Heart - Notes from a Namibian Kitchen is boek wat met aardse eerlikheid die harte en kospotte van die Namibiërs na jou kombuis bring.

Jy's 'n gebore Suidwester, 'n bekende kos-kenner in dié land (veral met die braaikompetisies . . . )
My ma was nie baie handig in die kombuis nie, en ek's mal oor eet. As opgeleide onderwyser het ek in 1995 'n spysenieringsbesigheid begin, maar steeds klasgegee. Wat ek van kos weet, het ek by mentors soos François Ferreira en Fortunato Mazzone geleer.

Die boek is jou eerste?
Dit het heel agterstevoorom ontstaan. Eers moes ek vir Hentie Burger ('n landskapfotograaf) oortuig om ten minste net 'n paar omajova-resepte af te neem. Toe dít werk en ons so driekwartpad met die foto's was, het skrywer Christine Hugo haar woorde bygesit. Toe kort ons nog 'n uitgewer! Net drie foto's is in 'n ateljee geskiet – ek wou hê die kos moes lyk asof dit deel van die Namibiese landskap vorm.

Jy en jou man het nou 'n plaas in Namibië gekoop?
Ja, kompleet met 'n huis en 'n koolstoof. Nou't ek 'n kombuis in Windhoek en een op die plaas waar ons lekker werk (en kuier!).

Jy kan sekerlik nie als op jou eie doen nie?
My man is wonderlik, hy help graag! En my twee regterhande, Tina en Sanna, kan elke gereg in die boek maak.

Jy reis gereeld oorsee, veral om kookboeke te versamel.
Ja, ek was nou al in Thailand, China, Marokko – ek reis graag saam met twee sjef-vriendinne, Cass Abrahams en Jenny Morris. En wanneer my kinders saamgaan, durf hulle nie McDonalds eet nie!

SARIE sê: Eerlike kos en hartlike stories uit die woestyn tot aan die ysige Atlantiese kuslyn. Souskluitjies, Kamanjab-steaks, paella, plaasbrood en sago-meringue. Lees hom soos 'n storieboek . . .

Die boek is by alle groot boekwinkels beskikbaar.

Verwante artikels

  • Hap vir hap New York

    Hap vir hap New York

    SARIE KOS - Herfs 2008

    In die stad wat nooit slaap nie kan jy ook maar weet: Honger sal jy nooit wees nie

  • Peter Veldsman kos-blog: Blondines, Mosambiek en meer

    Peter Veldsman kos-blog: Blondines, Mosambiek en meer

    SARIE - September 2009 | Kommentaar: 9

    Lees wat hy oor blondines, Mosambiek en Marlene van der Westhuizen se nuwe kookboek in die nuutste inskrywing van sy blog te sê het.

  • Top-sjef François Ferreira vereer

    Top-sjef François Ferreira vereer

    SARIE - Junie 2009

    Sjef François Ferreira is vereer vir sy bydrae tot die brandewynbedryf toe hy as jongste lid van die SA Brandewyngilde ingelyf is tydens die jaarlikse banket vir gildelede in Johannesburg. Riette Rust was daar

Galery

  • My Hungry Heart
  • My Hungry Heart
  • My Hungry Heart
  • My Hungry Heart
  • My Hungry Heart
  • My Hungry Heart
  • My Hungry Heart

Kommentaar

  • Nou wat kan ek nog byvoeg wat nie reeds al gese is nie.....dalk wat die titel tereg se........MY HUNGRY HEART, ons wat jou ken en al GEPROE HET!! weet hoeveel jy in jou gemeenskap geen en hoe honger jou hart vir jou land is. Hierdie boek is een van die getuienisse. Jou boek en JY (en hierdie span) is n AANWINS vir Namibia!BAIE GELUK met die nominasie..

    26ste Jan. 2010, 13:38
  • Have to agree the book contains many wonderful recipes complimented with great photography. So it is not your normal recipe book that gets left in a drawer, but rather left on a coffee table as a discussion book too!

    6de Nov. 2009, 17:50
  • Ek het hierdie boek soos 'n storieboek van voor tot agter deurgelees! Wat 'n ervaring! En die resepte? Heerlik!! Veels geluk, Antoinette!!

    5de Nov. 2009, 21:31
  • Wonderlike boek!Ek le in my bed en lees dit soos n storie boek. Dis beautiful geskryf. Wat n kombinasie van mooi woorde, mooi fotos en lekker kos!!

    5de Nov. 2009, 16:44
  • Antoinette is a personal friend of mine and I am priviledged to be part of her space. Having been invited to cook at the Good Food and Wine Show in Johannesburg last week, Antoinette was able to rub shoulders with international celebrity chefs like Ainsley Harriot and Reza Mahammad - not bad for a Namibian chef who spends her weekends on their farm handrearing calves and nursing broken goose wings. My Hungry heart is a mirror of who Antoinette is - unpretentious, straight forward but not without a humouristic twist. Being involved with her and her Company, Gourmet Caterers, ensures that my company is set apart from the other event managers in Windhoek as her reputation preceeds her and my clients demand the best. I wish her and her book all the very best, as it is nominated for a Gourmand World Cookbook Award, which will take place in Paris in February. Well done my friend! xx

    4de Nov. 2009, 12:31
  • Dis n ongelooflike boek. Almal wat lief is vir Namibië behoort een te hê....dis baie meer as net oor kos. Dis 'n "hart" boek.

    4de Nov. 2009, 09:59