Koskenner Peter Veldsman en ander vereer
Peter Veldsman, koskenner en voormalige SARIE kosredakteur, is Vrydagaand saam met Cass Abrahams en S.J.A. de Villiers as die ATKV se Afrikone vereer vir hul kosbydrae tot die Afrikaanse kultuur. Die digter C. Louis Leipoldt is postuum vereer.
Dit is die eerste keer wat koskultuur die erkenning kry wat dit verdien. Só het die legendariese koskenner Peter Veldsman die naweek op ’n bekroningsplegtigheid van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in sy restaurant Emily’s, in die Waterfront, gesê.
Veldsman het verskeie plaaslike en internasionale kospryse gewen. Hy was onder meer die eerste wenner van die Galliova-prys vir die beste kosskrywer in die land en was ook SARIE se kosredakteur.
Veldsman het gesê die eerste kostoekennings is al in 1478 in Frankryk gemaak en dat daar sowat 200 pryse vir wynboere en 70 vir akteurs en skrywers in Suid-Afrika toegeken word.
“Maar dis die eerste keer wat kos die toekenning kry wat dit verdien. Dit gee inspirasie aan ’n klomp mense.”
SARIE-redakteur, Michélle van Breda, en SARIE KOS-kosredakteur, Barbara Joubert, het die geleentheid bygewoon.
* Lees die volle berig op www.dieburger.co.za
* Lees ook Peter Veldsman se gewilde blog op sarie.com.
* In SARIE KOS Winter deel Peter van sy gunsteling-SA-geregte. Dié uitgawe is vanaf 7 Julie te kry.
Verwante artikels
-
Peter Veldsman blog oor kluitjies + hy gee 2 resepte
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
Ontdek hierdie winter die eenvoudige waarheid van boerekos. Dis eg en eie aan ons aard. Peter gee twee heerlike resepte en vertel hoe kluitjies regoor die wêreld smaak...
-
Peter Veldsman blog: "In die sop"
SARIE Julie 2010
Gegroet, liewe blog-lesers! In Sarie Kos Winter 2010 is 'n foto van drie geslagte kosredakteurs van die tydskrif: Die aantreklike jong Herman, Barbara en die uwe. En 'n klompie geregte uit my kombuis.
-
Peter Veldsman se Kweper-en-gemmer-bredie
SARIE KOS Winter 2010
















Kommentaar
Julia van Tonder het gesê:
Peter het u nie dalk nog die kos stories wat in Rapport gepubliseer was nie??? Ek soek na my kosstorie van Ladismith toe ek pampoentert gemaak het vir n bykos, maar toe word ek siek en die mense meen dis toe nagereg. Almal het agterna vertel hoe lekker die nagereg saam met die roomys gesmaak het. Sal dit graag in my album vir kleinkinders wil bere.
19de Aug. 2011, 19:08Errieda het gesê:
Hoe gelukkig kan een mens nou wees. Na ek en 'n paar vriende van die Brandewynstigting Donderdag-aand by Emily's gaan boerekos (Boerekos verdien hier om in hoofletters geskryf te word) eet het, het ek Vrydagaand se toekenningsaand ook bygewoon. Emily's het gepronk; die kos was magies en Peter se 'ontvang-toespraak' seker een van die mees aangrypende wat ek nog gehoor het. Peter, nie net het jy en jou span die sintuie bedwelm met die kos en keurwyn nie; jou woorde en voorlees van NP van Wyk Louw en Breyten gaan my bybly. Peter vir President!
1ste Jun. 2010, 17:10