Roer! - Amy Kleinhans-Curd se soutpannekoek

SARIE - September 2009

Wanneer laas het jy pannekoek gebak? Bederf jou mense met Amy Kleinhans-Curd se heerlike resep

Amy Kleinhans-Curd en Tammy-Anne

Bestanddele

Volle resep (halwe resep in hakies)

  • 5 groot eiers (of 6 kleintjies) (3 groot eiers)
  • 8 koppies water (4 koppies water)
  • 1½ koppies kookolie (¾ koppie kookolie)
  • 3 eetlepels asyn (1½ eetlepels asyn)
  • 1½ teelepels sout (¾ teelepel sout)
  • 6 koppies koekmeel (3 koppies koekmeel)
  • 5 teelepels bakpoeier (2½ teelepels bakpoeier)

    Vir vulsel

  • 1 avokadopeer, in blokkies gesny

Amy Se Soutpannekoek

Metode:

1. Klits eiers en water baie goed. Voeg kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.
2. Voeg meel (gesif) by en klits weer baie goed. Voeg bakpoeier laaste by en klits vir sowat 1 minuut.
3. Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Dit kan in die yskas gebêre word vir sowat 1 week.

Sousie:

  • 2 eetlepels botter
  • eetlepel mielieblom
  • 1 koppie suurlemoensap
  • knippie sout
  • 1 koppie suiker

Smelt al die bestanddele saam en sit voor bo-oor die pannekoeke.

Kyk die Roer! episode hier

Verwante artikels

Galery

Kommentaar

Web Development by FormFunction