Roer! - Amy se sjokolade-en-appelpoeding
Amy Kleinhans-Curd se heerlike bederf vir vriende en familie. Maak dit gerus vir hope komplimente

Bestanddele
- 250 g botter, in blokkies
- 250 g donkersjokolade, in stukke gebreek
- 175 ml suiker
- 5 ml vanielje-ekstrak
- 7 eiers
- knypie sout
- 50 g meel, gesif
- 1 blik (425 g) baba-appels met stele aan
- versiersuiker

Metode:
1. Verhit die oond tot 160 °C. Smeer en meel 12 individuele cupcake tins met 'n volume van 125 ml elk.
2. Verhit versigtig die botter en sjokolade saam tot net gesmelt. Verwyder van hitte en roer tot glad.
3. Voeg die suiker, vanielje, eiers en sout by en meng tot glad. Voeg die meel by en meng vinnig tot net gemeng.
4. Gooi beslag in pannetjies, maak halfpad vol. Plaas 2 tot 3 baba-appels met die steeltjies na bo in elke pannetjie.
5. Bak die poedings vir 20 – 25 minute tot die kante gaar is, maar die middel kan nog klam en 'n bietjie ingesink wees. Strooi versiersuiker oor en sit onmiddellik voor sodat die middel nog loperig is.
Verwante artikels
-
Amy Kleinhans-Curd se lewe, vrees en hoop
SARIE - Julie 2009
Amy Kleinhans-Curd, voormalige Mej. SA en deesdae ma, sakevrou en motiveringspreker betrokke by 'n magdom liefdadigheidsorganisasies, kyk na binne ...
-
Roer! - Amy Kleinhans-Curd se soutpannekoek
SARIE - September 2009
Wanneer laas het jy pannekoek gebak? Bederf jou mense met Amy Kleinhans-Curd se heerlike resep
-
Sjokolade-brownies
SARIE KOS Somer 2009/10
Maak sowat 24 blokkies van 4 x 4 cm


















Kommentaar