Roer! - Corine du Toit se bessie-mousse
Dié nagereg kry 'n lekker strooplagie bo-op wat gemaak word van versiersuiker en aarbeie. Perfek om 'n maaltyd mee af te sluit

Bestanddele
- 1 koppie vanilla-jogurt
- 1 koppie suurroom
- 3 teelepels gelatien
- 4 eierwitte (styfgeklits)
- 2 koppies vars aarbeie en bloubessies (fyngemaak)
- versiersuiker na smaak
- aarbeie, om voor te sit
Metode:
1. Meng die jogurt en suurroom saam en voeg die opgeloste gelatien by.
2. Vou die stywe eierwitte in die mengsel.
3. Halveer die mengsel, voeg die bessies by die een helfte en voeg 'n bietjie versiersuiker by as jy dit soeter wil he.
4. Verdeel die bessiemengsel tussen 4 glase en gooi die bessielose mengsel bo op.
5. Plaas in yskas om te stol.
6. Om voor te sit, maak nog 'n paar aarbeie fyn met versiersuiker vir 'n strooplagie bo-op.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Corine
-
Corine du Toit oor haar jongste fliek
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk die voorprent.
-
Corine skitter weer
Die ongeluk wat haar gesig beseer het, het haar diep geraak, vertel Corine du Toit, Egoli se Jane, nou te sien in kykNET se dramareeks Getroud met rugby. En vir die 1ste keer onthul 'n dokter haar dramatiese herstelproses
-
Lyk soos Corine
SARIE - Mei 2009
Corine straal weer voor die kamera - hier's haar stylgeheime
-
Nuwe SA-riller se voorskou hier
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk dit hier...
-
Roer! - Corine du Toit se koue komkommersop
SARIE - September 2009
Nie baie mense weet dit nie, maar 'n komkommer word geklassifiseer as 'n vrug. Gebruik dit om 'n verfrissende sop te maak. Dit maak 'n heerlike voorgereg
-
Roer! - Corine du Toit se salm met groenslaai en wasabi-roomsous
SARIE - September 2009
Maak iets spesiaals van dié visgereg deur dit met 'n wasabi-roomsous voor te sit. Wees net versigtig, die wasabi laat dit lekker brand!

















Kommentaar