Roer! - Diaan Lawrenson en Jody Abrahams se Kaapse masala-vis
Dié heerlike visgereg word voorgesit saam met patats, kapokaartappels en tamatiesmoor. Smaaklike ete!

Bestanddele
- 2 stukkies vars en ferm wit vis
- eetlepel koekmeel
- eetlepel mieliemeel
- eetlepel masala
- sout en peper
- suurlemoen, vars
- 1 groot patat
- stukkie vars gemmer
- ½ koppie warm melk
- teelepel botter
- suring (sorrel)

Metode
1. Druk die suurlemoensap oor die vis uit, gooi sout en peper oor en plaas eenkant.
2. Meng die koekmeel, masala en mieliemeel in ‘n bord.
3. Bedek die vis met meelmengsel en plaas eenkant vir ‘n paar minute.
4. Braai in vlak olie in 'n warm pan – 3 minute aan ‘n kant. Moenie die vis té gaar maak nie.
5. Was ‘n hand vol surings en kap dit fyn vir garnering.
Rooiwyn-balsem-glanssous
- 1 glas rooiwyn
- teelepel balsemasyn
- 2 naeltjies
- eetlepel roosstroop
Metode
Kook al die bestanddele (roosstroop uitgesluit) saam oor 'n lae hitte totdat dit ‘n dik stroop vorm, voeg dan die roosstroop by en plaas eenkant sodat dit kan afkoel.
Fyngemaakte patat
Metode
1. Kook blokkies patat in 'n klein bietjie water, druk ‘n klein hoeveelheid suurlemoen oor totdat dit sag is.
2. Dreineer, maak fyn en voeg warm melk, botter, sout en peper by.
3. Wanneer klaar, rasper ‘n teelepel vars gemmer in die fyngemaakte patat en meng.
Tamatie-smoor
Bestanddele
- halwe ui
- 1 tamatie, in skywe gesny
- 1 knoffelhuisie
- ½ groen rissie
- eetlepel suiker
- eetlepel rooiwyn
- ½ teelepel kaneelpoeier
Metode
Gooi al die bestanddele in ‘n pan, braai totdat dit sag is en ‘n puree vorm. Sit voor saam met vis.
Verwante artikels
-
14 babas vir 7de Laan
SARIE - Junie 2010
Dié gewilde sepie se span moes sedert Januarie 2010 14 swangerskappe in hul skedule inpas.
-
Eerste foto's! Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) en haar engelkind, Olivia Rose
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 21
Weg is Paula, 7de Laan se sosiale vlinder. Al wat jy deesdae raak sien as jy na Diaan Lawrenson kyk is die sagte gloed wat moederskap haar gee.
-
Paula (Diaan Lawrenson) se baba is hier - foto's
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 15
Klein Olivia Rose is 8 Julie 2010 om 8h13 gebore.


















Kry jou SARIE oral, enige tyd