Roer! - Diaan Lawrenson en Jody Abrahams se rissie-piesang
Alles behalwe 'n vervelige nagereg. Wie het ooit gedink om piesang met rissie te kombineer? Wel, Diaan en Jody het!

Bestanddele
- 1 vars piesang
- suurlemoensap
- 2 eetlepels bruinsuiker
- 'n halwe teelepel gedroogde rissievlokkies

Metode:
1. Skil die piesang, sny dit in die helfte en druk suurlemoensap oor.
2. Meng suiker en rissie, rol die piesang in die mengsel en bedek goed.
3. Braai dit in 'n warm pan met min olie totdat die suiker bruin is. (Maak seker dat die piesang nie pap word nie.)
Balsamiese glaze
- Halwe koppie balsemasyn, afgekook tot 'n dik stroop.
- Voeg teelepel heuning by wanneer afgekook.
Sit piesang voor met vanielje-roomys en sprinkel balsamiese glaze oor.
Verwante artikels
-
14 babas vir 7de Laan
SARIE - Junie 2010
Dié gewilde sepie se span moes sedert Januarie 2010 14 swangerskappe in hul skedule inpas.
-
Eerste foto's! Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) en haar engelkind, Olivia Rose
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 21
Weg is Paula, 7de Laan se sosiale vlinder. Al wat jy deesdae raak sien as jy na Diaan Lawrenson kyk is die sagte gloed wat moederskap haar gee.
-
Paula (Diaan Lawrenson) se baba is hier - foto's
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 15
Klein Olivia Rose is 8 Julie 2010 om 8h13 gebore.


















Kry jou SARIE oral, enige tyd