Roer! - Diaan Lawrenson en Jody Abrahams se samoesas
Samoesas is eg Kaapse kos en Diaan en Jody wys hoe om dit te maak – allerhande lekker vulsels met garam masala, botterskorsie, kaas en groenvye

Samoesas (3 x vulsels)
Bestanddele
- 1 fyngekapte ui
- 1 fyngekapte vars brandrissie
met:
Lam-kwepers-en-garam-masala-vulsel
- 300g ontbeende lamstjop, fyngekap
- halwe teelepel garam masala
- 4 stukkies ingelegde kweper
- eetlepel heuning
Botterskorsie-vulsel
- 300g botterskorsie, in klein blokkies gesny
- 4 stukkies geskilde, ingelegde lemoenskil (lemoenkonfyt)
- knippie kaneelpoeier
Kaas-en-groenvy-vulsel
- 300g boerenkaas, opgesny in klein blokkies
- 50g bloukaas
- 4 ingelegde blokkies groenvy (groenvyekonfyt)

Metode:
1. Panbraai die ui en brandrissie oor lae hitte totdat dit deurskynend is.
2. Deel dit in 3 gelyke dele en hou eenkant.
Lamvulsel
1. Braai die lamsvleis met sout en swartpeper en voeg die garam masala by net voor die einde van die kookproses.
2. Verwyder van hitte en meng met uie en kwepers en heuning.
3. Hou dit eenkant sodat dit kan afkoel.
Botterskorsie-vulsel
1. Stoom die blokkies botterskorsie in effens gesoute water. Moenie te lank kook nie. Dreineer goed.
2. Strooi die kaneelpoeier oor.
3. Meng dit met die uie en fyngekapte lemoenskil.
4. Voeg 'n teelepel konfyt by.
5. Hou dit eenkant.
Kaas-en-groenvy-vulsel
- Meng die kaas en vye met die afgekoelde uie en hou dit eenkant.
Vul die samoesas en vou hulle. Braai in olie oor medium hitte en voeg 'n mespunt borrie by vir kleur.
Verwante artikels
-
14 babas vir 7de Laan
SARIE - Junie 2010
Dié gewilde sepie se span moes sedert Januarie 2010 14 swangerskappe in hul skedule inpas.
-
Eerste foto's! Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) en haar engelkind, Olivia Rose
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 21
Weg is Paula, 7de Laan se sosiale vlinder. Al wat jy deesdae raak sien as jy na Diaan Lawrenson kyk is die sagte gloed wat moederskap haar gee.
-
Paula (Diaan Lawrenson) se baba is hier - foto's
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 15
Klein Olivia Rose is 8 Julie 2010 om 8h13 gebore.
-
Paula groet eers die Laan
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Diaan Lawrenson is nie net aktrise nie. Sy's ook toneel- en filmvervaardiger.


















Kry jou SARIE oral, enige tyd