Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-gemmerkaaskoek
Natuurlik kan 'n mens nie vergeet van nagereg nie! Die aarbei en gemmer is 'n interessante kombinasie, maar dit is vingerlek-lekker!

Bestanddele
- 250 g aarbeie
- 250 g gladde roomkaas
- 2 eetlepels suiker
- 10 g-sakkie gelatien, opgelos in 2 eetlepels kookwater
- gemmerkoekies
- pistasieneute, grofgekap

Metode
1. Voer 4 x 150 ml ramekins met kleefplastiek uit. Maak 250 g aarbeie fyn (hou so 4 uit) tot ‘n puree.
2. Meng met roomkaas, suiker en gelatien. (Los gelatien op in 2 eetlepels kokende water. Roer tot heeltemal glad.)
3. Sny die oorblywende aarbeie op en pak onderin die ramekins. Skep roomkaas-mengsel oor en sit ‘n gemmerkoekie bo-op.
4. Verkoel vir 30 minute. Draai om op ‘n bord en verwyder die kleefplastiek. Sprinkel 1 eetlepel pistasieneute bo-oor en sit voor.
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Heinz oor sy nuwe Afrikaanse CD
SARIE - November 2009
-
Heinz Winckler en sy vrou wys hul nuwe babakamer - foto's
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
Aletté-Johanni Winckler skryf vir SARIE oor haar en Heinz se grootste geskenk.
-
Hier's dit: Heinz Winckler se nuwe musiekvideo
SARIE - April 2010
Dit gaan goed met Heinz Winckler! Hy't pas sy musiekvideo Jakarandakoningin op sy Facebook-blad en YouTube bekend gestel en sy aanhangers is mal daaroor.
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-spinasieslaai
SARIE - Augustus 2009
Volgens dié twee is die sous heerlik. Dit word voor die tyd verkoel sodat al die geure kan meng
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se hoenderdye
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 2
Nie 'n gewone hoendergereg nie! Dit word ekstra-spesiaal gemaak deur die bokmelkkaas-vulsel. Heerlik...


















Kommentaar