Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-spinasieslaai
Volgens dié twee is die sous heerlik. Dit word voor die tyd verkoel sodat al die geure kan meng

Bereidingstyd: 10 Minute
Gereed: Binne 'n uur en 10 minute
4 porsies
Die slaaisous in die aarbei-en-spinasieslaai is heerlik. Dit begin met asyn en olyfolie en bevat ook suiker en ‘n bietjie ui, Worcestersous, sesamsaad, paprika en papawersaad. Dit word voor die tyd verkoel sodat al die geure kan meng.
Bestanddele
- 2 eetlepels sesamsaad
- 1 eetlepel papawersaad
- ½ koppie witsuiker
- ½ koppie olyfolie
- ¼ koppie wit asyn
- ¼ teelepel paprika
- ¼ teelepel Worcestersous
- 1 eetlepel fyngekapte ui
- 10 onse (sowat 300 g) vars spinasie – spoel af, laat droog word en in happiegrootte stukkies geskeur
- ¼ koppie aarbeie – skoongemaak en gesny
- ¼ koppie amandels – gepel en fyngekap

Metode
1. In ‘n medium-grootte bak, meng die sesamsaad, papawersaad, suiker, olyfolie, asyn, paprika, Worcestersous en ui. Bedek en laat afkoel vir ‘n uur.
2. Gebruik 'n groot bak en voeg die spinasie, aarbeie en amandels saam.
3. Gooi die slaaisous oor en meng.
4. Verkoel vir 10 tot 15 minute voor jy dit voorsit.
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Heinz Winckler en sy vrou wys hul nuwe babakamer - foto's
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
Aletté-Johanni Winckler skryf vir SARIE oor haar en Heinz se grootste geskenk.
-
Hier's dit: Heinz Winckler se nuwe musiekvideo
SARIE - April 2010
Dit gaan goed met Heinz Winckler! Hy't pas sy musiekvideo Jakarandakoningin op sy Facebook-blad en YouTube bekend gestel en sy aanhangers is mal daaroor.
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-gemmerkaaskoek
SARIE - Augustus 2009
Natuurlik kan 'n mens nie vergeet van nagereg nie! Die aarbei en gemmer is 'n interessante kombinasie, maar dit is vingerlek-lekker!
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se hoenderdye
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 2
Nie 'n gewone hoendergereg nie! Dit word ekstra-spesiaal gemaak deur die bokmelkkaas-vulsel. Heerlik...


















Kommentaar