Roer! - Heinz en Aletté Winckler se hoenderdye

SARIE - Augustus 2009

Nie 'n gewone hoendergereg nie! Dit word ekstra-spesiaal gemaak deur die bokmelkkaas-vulsel. Heerlik...

Heinz En Aletté Se Hoenderdye

 4 porsies

Bestanddele

4 hoenderdye met vel en been
seesout en growwe swartpeper
1 x 100 g-blok chevin (bokmelkkaas)
60 ml (¼ koppie) vars kruie, opgekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
olyfolie om oor hoender te sprinkel
bronkors (watercress) vir garnering

Metode

1. Verhit die oond tot 220 ºC. Was, droog af en geur die hoender met sout en peper.
2. Meng die kaas, kruie en knoffel saam. Lig die vel van die hoender versigtig op en druk die kaasmengsel onder die vel in.
3. Pak die hoenderstukke op 'n gesmeerde bakplaat en besprinkel met olie.
4. Rooster vir 25 minute of tot gaar en goudbruin.

Kyk die Roer! episode hier

Verwante artikels

Galery

Kommentaar

  • bwhahahaha!

    20ste Feb. 2011, 18:56
  • Oe, hulle is SOOOOO irriteerend!!!!

    9de Okt. 2009, 03:17