Roer! - Jay se gebakte bokmelkkaas-risotto
Jay van SA groep Eden wys sy talent in die kombuis met 'n gebakte bokmelkkaas-risotto

Bestanddele:
- 1 – 2 eetlepels olyfolie
- 1 rooi-ui, fyn opgekap
- 500g gemengde sampioene, opgesny en in warm water geweek
- 300g risotto-rys
- 1 liter groente-aftreksel
- 2 eetlepels dragon (tarragon), varsgekap
- 300 g bokmelkkaas
- 1 eetlepel pietersielie, varsgekap

Metode:
1. Verhit die olie in ‘n groot braaipan en braai die ui vir 2 – 3 minute. Voeg die sampioene by en braai vir 2 minute, voeg dan die rys by. Meng goed en kook vir ‘n verdere minuut.
2. Verhit die oond tot 180 ºC. Gooi die risotto oor in ‘n vlak, oondvaste bak. Voeg die aftreksel, sampioenwater en dragon by. Bedek en bak vir 30 – 40 minute tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer is. Haal uit die oond.
3. Sny 100 g van die kaas en meng dit deur risotto saam met die pietersielie. Sny die res van die kaas, pak dit bo-op die risotto en rooster vir 3 – 5 minute tot goudbruin.
Verwante artikels
-
"Toe stop my hart" - Lianie May en Jay van Eden se liedjie oorrompel
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 37
"...een van die mooiste Afrikaanse liedjies", "beste beste song ooit en hul sing dit so mooi saam, perfekte stemme saam", "die coolste video wat ek in 'n lang tyd gesien het..." is van die opmerkings wat die prag-duet, Toe Stop My Hart, van Lianie May en Eden se Jay op YouTube uitgelok het.
-
Barbara en Herman kook saam by die SA Kaasfees
SARIE - April 2010
-
Die einde van Eden?
SARIE - Maart 2011
Eden, SA se gewildste popgroep, het vandeesweek (Februarie 2010) aangekondig dat hulle as groep nog net tot einde April gaan optree. Hulle tree al meer as 10 jaar saam op.
-
Eden wys hul gunsteling-foto's
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
-
Roer! - Jay se suikerbakkie
SARIE - September 2009
Jay van SA groep Eden het 'n heerlike idee vir 'n suikerbakkie met sjokolade en vrugte. Verras jou gaste met 'n soet nagereg wat hulle sal laat vra vir nog!


















Kommentaar