Roer! - Jay se suikerbakkie
Jay van SA groep Eden het 'n heerlike idee vir 'n suikerbakkie met sjokolade en vrugte. Verras jou gaste met 'n soet nagereg wat hulle sal laat vra vir nog!

Bestanddele
6 porsies
- 450 g suiker
- 200 g lemoengeur- donker sjokolade, gesmelt
- ¾ koppie room, verhit
- frambose (raspberries), aarbeie, kersies of sweet melon, gesny
- 1 teelepel lemoenbloeiselwater (orange flower water)

Metode:
1. Smelt die suiker in ‘n pan oor lae hitte. Roer aanhoudend totdat die suiker opgelos het en ‘n goue karamelkleur het. Werk vinnig en versigtig: Gooi van die suikermengsel in die bodem van ‘n silikoon-muffinvorm. Bedek die basis en kante deur die agterkant van ‘n lepel te gebruik. Herhaal vir 6 bakkies.
2. Laat dit staan vir so 15 minute. Druk dit uit en hou in ‘n toe houer.
3. Om te bedien, meng die gesmelte sjokolade en room saam. Pak van die vrugte in die suikerbakkies en besprinkel met lemoenbloeiselwater. Skep laaste die sjokolademengsel bo-oor. (Vir variasie kan jy ook gekapte neute by die gesmelte suiker voeg.)
Verwante artikels
-
"Toe stop my hart" - Lianie May en Jay van Eden se liedjie oorrompel
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 34
"...een van die mooiste Afrikaanse liedjies", "beste beste song ooit en hul sing dit so mooi saam, perfekte stemme saam", "die coolste video wat ek in 'n lang tyd gesien het..." is van die opmerkings wat die prag-duet, Toe Stop My Hart, van Lianie May en Eden se Jay op YouTube uitgelok het.
-
Die einde van Eden?
SARIE - Maart 2011
Eden, SA se gewildste popgroep, het vandeesweek (Februarie 2010) aangekondig dat hulle as groep nog net tot einde April gaan optree. Hulle tree al meer as 10 jaar saam op.
-
Eden wys hul gunsteling-foto's
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
-
Roer! - Jay se gebakte bokmelkkaas-risotto
SARIE - September 2009
Jay van SA groep Eden wys sy talent in die kombuis met 'n gebakte bokmelkkaas-risotto


















Kommentaar