Roer! - Jeremy Mansfield se Viëtnamese slaai
Kyk hoe lekker lyk hierdie slaai! Dis heerlik verfrissend

Bestanddele
- hand vol slaaiblare
- hand vol bronkorsblare
- hand vol roketblare
- 1 rooi soetrissie, opgesny in repe
- 1 geel soetrissie, opgesny in repe
- hand vol boontjiespriete
- 1/3 koppie soesji-asyn as slaaisous

Metode
1. Pak al die blare op 'n bord sodat dit 'n bedjie vorm vir die res van die bestanddele.
2. Meng al die bestanddele goed deur nadat jy die soesji-asyn oorgegooi het en sit voor.
Verwante artikels
-
Jeremy Mansfield kry 'n rol in die nuwe Toy Story 3
SARIE - Mei 2010
Dis 'n eerste vir SA! Jeremy Mansfield het op 11 Mei 2010 op sy Rude Awakening-radioprogram aangekondig dat hy die stem van 'n karakter in Disney.Pixar se Toy Story 3 gaan vertolk, berig www.highveld.co.za
-
Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 8


















Kry jou SARIE oral, enige tyd