Roer! - Kobus Wiese se witsjokolade-terrien
Hier is 'n heerlike nagereg vir saam met koffie. Wit- of donkersjokolade kan gebruik word

Maak 8 – 10 snye
Stol vir 2 ure
Bestanddele
500 g witsjokolade, opgebreek in stukke
150 ml room
250 g shortbread-beskuitjies, opgebreek in stukke
150 g amandels, gerooster
150 g pistasieneute, skoongemaak
versiersuiker
Metode
1. Voer 'n broodpannetjie met kleefvrye papier uit.
2. Smelt die sjokolade en room saam.
3. Voeg die shortbread, amandels en pistasieneute by en roer totdat alles heeltemal bedek is in die sjokolade.
4. Gooi die mengsel in die pan en laat dit stol. Sny in snye, besprinkel met versiersuiker en sit voor.
Wenk: maak seker dat daar geen water saam met die sjokolade meng nie, anders sal dit nie werk. Jy kan dit ook met donkersjokolade doen en saam met koffie voorsit (dis so op die foto).
Verwante artikels
-
Roer! - Kobus Wiese se kerrie-hoender
SARIE - Augustus 2009
As jy nie meer idees vir geregte met hoender het nie, waarom probeer jy nie Kobus se kerrie-resep nie?















Kommentaar