Roer! - Nádine se granaat-sangria
Nádine noem dit sommer 'Pret-fiësta' en met goeie rede! Dié drankie is heerlik verfrissend en is propvol smullekker vrugte.

Bestanddele
- 1 houer granaatsap
- 2 koppies papaja- of mangosap (jy kan ook appelsap gebruik)
- 1 lemoen
- 6 – 8 aarbeie
- 2 kiwivrugte
- 1 mango of papaja
- ½ koppie suiker

Metode
1. Meng al die sappe en suiker totdat die suiker heeltemal opgelos is.
2. Sny die lemoen en aarbeie in dun skyfies.
3. Verwyder die mango of papaja se skil en sny in dik stukke.
4. Skil die kiwivrugte en sny ook in dik skywe.
5. Sit al die vrugte in die sap en laat staan in die yskas vir 2 – 3 uur of oornag voor jy dit voorsit.
Verwante artikels
-
Nádine binnekort as Maria Magdalena in Andrew Lloyd Webber-stuk
SARIE - April 2011
Die gewilde Andrew Lloyd Webber/Tim Rice-rock opera, Jesus Christ Superstar, is danksy Pieter Toerien binnekort op eie bodem te sien met ’n hele rits bekendes op die verhoog.
-
Nádine lok 3,5 miljoen kykers in Duitsland
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Die SA sangeres Nádine het op Disdag 22 Junie elke Suid-Afrikaner se hart trots gemaak toe sy op Fernsehgarten, 'n program op Duitsland se openbare uitsaaier ZDF, haar nuwe treffer, "Made Up My Mind", voor 'n kykertal van sowat 3,5 miljoen gesing het.
-
Nádine terug ná oorsese toer
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Sy verklap haar gunsteling liedjie op haar nuwe album asook wie haar inspireer.
-
Nádine wen gesogte internasionale prys
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Die sangeres Nádine is die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis wat eerste plek by die World Peace Song Festival verower het met haar liedjie "This Time I Know It's For Real".


















Kry jou SARIE oral, enige tyd