Roer! - Nádine se Mexikaanse fondue

SARIE - Julie 2009

'n Fondue is iets wat 'n mens nie gereeld maak nie, so miskien is dit hoog tyd dat jy en jou vriende en familie weer 'n slag bymekaar kom vir een!

Nadine & Tammy

Bestanddele

  • ½ koppie rissiesous
  • 4 eetlepels roomkaas
  • 1 eetlepel vars suurlemoensap
  • 2 teelepels vars rissie, in fyn blokkies gesny
  • 1 teelepel knoffel, gesny
  • ¼ teelepel Tabasco-sous
  • 1 koppie dik room
  • geroosterde knoffel-broodblokkies

Meksikaanse fondue

Metode

1. Plaas al die bestanddele saam in 'n mengbak en klits tot alles glad en goed gemeng is.
2. Sit koud voor saam met tortillaskyfies of broodblokkies.

Kyk die Roer!-episode hier

Verwante artikels

Galery

Web Development by FormFunction