Roer! - Nádine se Tacos de Pollo
Vir diegene wat nie weet wat dié gereg is nie - dis hoender-tacos! Hou 'n Mexikaanse aand en sit voor saam met salsa en room.

Bestanddele
- ½ koppie hoenderfilet, in repies gesny
- 3 knoffelhuisies, fyn gesny
- 1 klein ui, gesny
- 1 klein tamatie, gesny
- 2 eetlepels olie
- sout en peper
- 12 tortillas, gestoom of gebraai
- 1 koppie geskeurde La VacaRica, of mozzarella-kaas
- vars blaarslaai, salsa en suur room, om mee voor te sit

Metode
1. Braai die knoffel, ui, hoender en tamatie in olie tot gaar.
2. Voeg sout en peper na smaak by.
3. Vul die tacos met die hoendermengsel.
4. Sprinkel kaas oor en garneer met die blaarslaai, salsa en room.
Verwante artikels
-
Nádine binnekort as Maria Magdalena in Andrew Lloyd Webber-stuk
SARIE - April 2011
Die gewilde Andrew Lloyd Webber/Tim Rice-rock opera, Jesus Christ Superstar, is danksy Pieter Toerien binnekort op eie bodem te sien met ’n hele rits bekendes op die verhoog.
-
Nádine lok 3,5 miljoen kykers in Duitsland
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Die SA sangeres Nádine het op Disdag 22 Junie elke Suid-Afrikaner se hart trots gemaak toe sy op Fernsehgarten, 'n program op Duitsland se openbare uitsaaier ZDF, haar nuwe treffer, "Made Up My Mind", voor 'n kykertal van sowat 3,5 miljoen gesing het.
-
Nádine terug ná oorsese toer
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Sy verklap haar gunsteling liedjie op haar nuwe album asook wie haar inspireer.
-
Nádine wen gesogte internasionale prys
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Die sangeres Nádine is die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis wat eerste plek by die World Peace Song Festival verower het met haar liedjie "This Time I Know It's For Real".


















Kry jou SARIE oral, enige tyd