Roer!-resepte nou op sarie.com

SARIE - September 2009

Roer!-resepte nou op sarie.com Foto’s: Johan Wilke Galery

Jy ken vir Tammy-Anne Fortuin, en jy weet hoe jolig dit soms in bekendes se kombuise gaan as die Roer!-kameras daar 'n draai gaan maak.

Nóú kan jy van jou gunsteling-celebs se Roer!-resepte op sarie.com kry.

Daar's resepte soos Steve se varkfilet, Heinz Winckler se aarbei-en-spinasie-slaai, Jay (van Eden) se risotto, Amy Kleinhans-Curd se sjokolade-en-appelpoeding, Kobus Wiese se kerriehoender en Corine du Toit se salm met wasabi-roomsous.

Lekker kook!

Klik hier vir Roer!-resepte

Verwante artikels

Kommentaar

  • hallo Tammy, ek het so vinnig in die verby hardloop iets gesien van 'n "Scone" , met Sprite en room en bruismeel. Ek dink dit was Amore van Tjailatyd ......Kan jy help asb? Dankie vir 'n puik program. Al die Polenta resepte stuur ek aan my dogter in Amsterdam. Regte Mieliemeel bestaan nie daar nie..!

    4de Mar. 2012, 22:41
  • Resep Wilna Snyman - hoerder met broccoli 26 mei2010

    20ste Feb. 2012, 00:20
  • Tammy-Anne jy's n ster,ek hou baie van Roer,Sommige persoonlikhede en resepte. Dis jou manier van aanbieding wat 'n wenner is. Beste wense.Angy

    5de Feb. 2012, 17:36
  • ek is opsoek na 'n sjokolade soufle waarvan die sjokolade loperig is as jy dit eet(in die middel)

    24ste Jan. 2012, 18:56
  • Hallo julle almal, Ek wil baie graag vir my Ma die Roer resepteboek aanskaf, maar ons kry dit nerens nie. Ek en my vrou het nou al die vlaktes vol gesoek daarvoor. Is dit moontlik om dit te bekom deur by julle te bestel. Laat my asb. weet Kersgroete van die du Plessis's af De Villiers du Plessis

    16de Des. 2011, 18:29
  • ek is op soek na n patat resep wat in die oond gebak word met buinsuiker en room. ens

    21ste Aug. 2011, 13:27
  • hello da hoop iemand sal kan help ek is opsoek na n konfyt tertjie resep soos toe my mama dit gemaak het nie met die moderne skilferkors deegie wat ek by pick n pay kan koop nie ma een wat jy self kan aan maak en n bietjie room kan by voeg om hom nog lekkerder te maak smelt in die mond smaak kan gee. HOOP IEMAND DAAR BUITEKANT SAL KAN HELP!!!!!!!!!!!

    20ste Aug. 2011, 16:27
  • Eks op soek na n lekker gebakte murgpampoen resep

    18de Aug. 2011, 11:34
  • Goeiedag Ek is op soek na die resep van die Hoender Pootjie, wat op die 3 weke terug se program gemaak is, deur die een Idols wenner. Dankie!

    28ste Nov. 2010, 12:55
  • Help asb., die Roer webblad is nie updated nie, waar kry ek 2010 se resepte? Ek is op soek na Lika se seekos pasta resep, Oktober 2010 uitgesaai op tv. Roer is awesome program, wens net die website was "live"!

    18de Okt. 2010, 15:06
  • Deon Se Broccoli Hoender Wilna Snyman se Broccoli hoender Bestanddele: 3 of 4 hoenderborsies 2 tot 3 k broccoli 1 blik sampioensop 1 k mayonnaise 1 teelepel mild kerriepoeier 2 eetlepels suurlemoensap 1 knypie sout Metode: 1. Kook die hoender. Ontbeen en skeur/sny dit as dit gaar is. 2. 'Parboil' die broccoli en meng met die hoender. 3. Meng die sampioensop, mayonnaise, kerrie, suurlemoensap en sout saam. 4. Gooi die mengsel oor die broccoli/hoender en meng goed deur. 5. Sit dit alles in ‘n oondbak. Kors: Bestanddele: 1 k broodkrummels 1 k gerasperde kaas 1 eetlepel margarine Metode: 1. Knie alles saam in ‘n deeg en skeur dan die deeg oor die hoender sodat dit ‘n kors vorm. 2. Bak teen 180°C tot die kors goudbruin is en die broccoli/hoender borrel. 3. Bedien saam met rys en slaai.

    3de Jun. 2010, 12:34
  • Ek sal graag Deon Opperman se resep wil he die Hoender met Brocoli asseblief.

    2de Jun. 2010, 08:59
  • Hi, ek wil asseblief baie graag Deon Opperman se resep van Wilna Snyman - die Hoender met Brocoli in die hande kry. Dit was op 26 Mei 2010. Roer! is fantasties!

    27ste Mei. 2010, 08:08
  • Waar kan ek die kookboeke van Roer kry? Ek soek oorals op die web maar ek kry vlippen niks

    21ste Mei. 2010, 10:06
  • sonja herold het 'n frommel poeding gemaak ek is dringend op soek na dit waar kry ek asb daardie resep

    30ste Mar. 2010, 15:55