Roer! - Sean Else se koejaweltertjies
Met koejawels kan jy heerlike nagereg optower, soos Sean met dié tertjies bewys. Sit voor met room of roomys

Bestanddele
- 6 ferm koejawels, geskil
- 2 lemoene se sap
- koekmeel (vir wanneer jy uitrol)
- 400 g gevriesde blaardeeg (puff pastry), ontvries
- 30 ml suiker
- 30 ml botter
- heuning, vir bedruip

Metode
1. Sny die koejawels in redelik dik skywe. Druk die lemoensap bo-oor uit en sit eenkant.
2. Sif ‘n bietjie van die meel op ‘n werkoppervlak. Vryf ‘n bietjie meel op ‘n koekroller. Rol die deeg effens dunner.
3. Sny die deeg in 6 driehoeke en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
4. Gebruik ‘n skerp mes en trek lyne so 5 mm van die rante van elke deegblok (moenie regdeur sny nie). Plaas die koejawels bo-op die deegblokke sodat hulle effens oorvleuel.
5. Besprinkel elke tertjie met 5 ml (1 teelepel) suiker en stip met ‘n klein bietjie botter.
6. Bak teen 200 ºC vir 20 tot 25 minute. Verwyder, bedruip met heuning en rooster vir 4 tot 5 minute. Sit voor met room of roomys.
Verwante artikels
-
"10 SA dinge wat ek wens Amerika gehad het"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 5
'n Amerikaanse toeris, Samantha Hermann, was onlangs in Suid-Afrika. Hier's 10 SA dinge wat sy wens Amerika gehad het.
-
Nuwe liefde vir Sean Else
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Die pragtige Carla Halgryn, 'n 22-jarige model, het die musiekvervaardiger en akteur Sean Else se voete onder hom uitgeslaan
-
Roer! - Sean Else se baracuda-soesji
SARIE - Augustus 2009
Hierdie voorgereg is vinnig en maklik om te berei – en beslis iets anders!
-
Roer! - Sean Else se rib-eye steak
SARIE - Augustus 2009
n Groot bederf vir almal wat mal is oor steak! Sean maak sy eie spesiale sous


















Kommentaar