Roer! - Sean Else se rib-eye steak

SARIE - Augustus 2009

n Groot bederf vir almal wat mal is oor steak! Sean maak sy eie spesiale sous

Sean Else

Bestanddele

rib-eye steaks

vars roketblare

sous

  • 1 ui, opgesny
  • 'n teelepel knoffel, opgesny
  • 'n bondel sprietuie, opgesny
  • olyfolie
  • 1 pak bruin sampioene, opgesny
  • 1 groen- en 1 rooi rissie, opgesny
  • 1 eetlepel pesto
  • 1 teelepel groenkerriepasta
  • 1 pak klaargemaakte kaassous
  • botterskorsie (butternut), gaar, gebraai met heuning

Sean Se Rib Eye Steak


Metode

1. Braai die ui, knoffel en sprietuie saam in bietjie olyfolie.
2. Voeg die sampioene, rissies, pesto en groenkerriepasta by en braai tot bruin.
3. Voeg die kaassous by, roer tot alles bedek is en voeg die gaar butternut by. Hou sous warm.
4. Braai die steaks en sit sous bo-op steak voor op 'n bed van roketblare.

Kyk die Roer! episode hier

Verwante artikels

Galery

Kommentaar

Web Development by FormFunction