Roer! - Steve Hofmeyr se varkfilet
In plaas van die gewone beesfilet maak Steve 'n lekker varkfilet wat jy voorsit met kapokaartappels en 'n pepersous

Bestanddele
- aartappels, gaar, geskil en in blokke gesny
- 250 g room
- 1 groot ui, in blokkies gesny
- pietersielie, vir garnering, opgesny
- 2 knoffelhuisies, opgesny
- varkfilette
- roosmaryn, fyngesny
- groen peperkorrels
- witsous (reeds gemaak)
- witpeper, na smaak
- swartpeper en sout na smaak
- 10 ml neutmuskaat
- hoender-aftrekselblokkie

Metode
1. Maak kapokaartappels van die aartappels en room.
2. Roer die fyngekapte ui en pietersielie in.
3. Smeer die knoffel oor varkfilette saam met die roosmaryn en laat staan vir 10 minute sodat geur kan intrek.
4. Braai vark tot gaar in 'n riffelpan.
5. Voeg groen peperkorrels by die witsous, asook die witpeper, swartpeper, neutmuskaat en sout.
6. Verdun die witsous met hoender-aftreksel asook enige sous wat van die gebraaide vark afkom.
7. Sit vark voor met kapokaartappels en pepersous.
Verwante artikels
-
Gee hom 'n roos - Steve kry sy eie
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
Steve Hofmeyr het Saterdag 10 Oktober 2009 sy eie roos ontvang. Die roos is spesiaal deur Ronald de Leeuw gekweek en by Plant Paradise Garden Centre in Moreletta Park aan Steve oorhandig.
-
Roer! Steve Hofmeyr se hoenderlewertjies met spek en Peppadews
SARIE - Julie 2009
Lewer is iets waaroor nie almal gaande is nie, maar jy moet ten minste eenmaal Steve se happies probeer! Die Peppadews gee dit ekstra-lekker skop
-
Steve Hofmeyr blog oor Liefling die movie
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Steve Hofmeyr het onlangs op sy blog oor Liefling, die movie geskryf:
-
Steve Hofmeyr skryf 'n nuwe boek
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 5
Met Vier Briewe vir Jan Ellis debuteer Steve Hofmeyr as prosaskrywer. Sy nuwe boek is in April 2010 by KKNK bekendgestel.
-
Steve Hofmeyr verklap sy gunstelinge
SARIE - September 2008
Blou Bulle, Bette Midler en Jacobsbaai...dis maar 'n paar van Steve se gunstelinge.
-
Steve: "Somers is mooier, winters kouer, reën harder"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
-
Wat sê die sielkundige oor Steve-fans
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 20
Op sy blog praat Steve Hofmeyr op die man af – oor sy sekskapades en sy gewese minnaresse. Is hy arrogant of verdedig hy homself net teen kritiek en die media?
















Kommentaar