Rooi, rooier, fluweelrooi

SARIE Augustus 2012

Rooi, rooier, fluweelrooi Foto’s: Donna Lewis Galery

Rooi fluweelkoek is wat jy nou op jou teefafel moet hê. Dit is letterlik op almal se lippe! 

Het jy geweet dié dekadente koek is nie net ryk aan smaak nie, maar ook ryk aan geskiedenis?

•    Wat is rooi fluweelkoek? Tradisioneel moet dié robynrooi koek altyd karringmelk, kakao en ’n kleurstof bevat, en dit word meestal met ’n roomkaasversiersel afgerond. Daar is ook ander weergawes van versiering, soos meringue wat onder ’n warm oondrooster-element bruingebak word. Dis nou mode om nuwe soorte rooi fluweelgebak van die tradisionele bestanddele te maak.

•    Daar is twee maniere om fluweelkoek rooi te kleur. Tradisioneel is beet by die beslag ingemeng om die koek sy rooi skynsel te gee. Deesdae gebruik ons sommer ’n botteltjie rooi koskleursel. Moenie bekommerd wees nie – dit laat nie die koek vreemd smaak nie. Wees ook op die uitkyk vir rooi poeierkleursel by bakwinkels. Dit sorg vir ’n dieper, ryker rooi.

•    Waar kom die koek vandaan? Dit kom oorspronklik uit die suide van Amerika, maar het later reg oor die land gewild geraak.

•    Rooi fluweelkoek was in die 1920’s ’n spesialiteit by die luukse New York Waldorf Astoria Hotel.

•    Dit het al hoe bekender geraak, en in die 40’s en 50’s het die Kanadese dit ook gebak.

•    Rooi fluweelkoek is die eerste keer in 1920 in ‘n resepteboek met die naam The Perry Home Cook Book opgeneem.

•    “Bak die rooi fluweelkoek ‘n dag voor jy dit wil eet. Dan smaak hy op sy heel beste.” – Herman Lensing, SARIE kosredakteur.

•    By aktrise Jessica Simpson se troue met Nick Lachey in 2002 is rooi fluweelkoek as die troukoek voorgesit.

•    Oprah is mal oor rooi fluweelkoek, en het dit in 2006 ‘n episode van haar gewilde geselsprogram daaraan afgestaan.

•    En wie kan ooit die bruidegom se troukoek in Steel Magnolias, die 1989-fliek met Julia Roberts, vergeet? Dít het die ganse wêreld aan rooi fluweelkoek bekend gestel en nou, in 2012, is dit opnuut ’n groot tendens in koskringe. Bron www.bettycrocker.com

Kry Herman se heerlike, en boonop maklike, resepte vir rooi fluweelkoek in vele vorms in die Augustus-uitgawe van SARIE. Gee jou verbeelding vrye teuels met roomys tot kaaskoek-brownies en tuisgemaakte Oreo’s – alles fluweelrooi!

Verwante artikels

  • Kies die regte rooi vir jou lippe só

    Kies die regte rooi vir jou lippe só

    SARIE April 2012

    Rooi lippe práát – dit sê klassieke styl of sien my of soen my. Stil bly dit nie. Kry die rooi wat jóú taal praat – van kersierooi, posbusbrooi tot pienkrooi.

Kommentaar

  • Hi Karien, Klik hier http://www.sarie.com/kos/resepte/tradisionele-rooi-fluweelkoek

    19de Okt. 2012, 11:08
  • Kan u asseblief vir my die resep van hierdie rooi fluweel koek, waarvan almal praat, aanstuur na kabill@netactive.co.za. Ek kon Augustusmaand se Sarie nie bekom nie!! En daar het ek dit nou! Het hierdie resep nou ook gemis! Ek sal dit baie waardeer. Vriende Ike groete Karien Smith Alberton

    18de Okt. 2012, 17:43
  • Ek is opsoek na die resep vir 'n Rooi Fluweel koek asb. As iemand my kan help sal ek baie dankbaar wees.

    11de Okt. 2012, 09:50
  • Die koek het 'n HEMELSE smaak!! Ongelooflik lekker!

    27ste Jul. 2012, 18:51
  • My dogter het hierdie dekadente koek gebak vir kuiergaste met haar 36e verjaardag. Nadat sy die koek gebak en versier het, het ons gedink dat dit 'n baie groot koek is en die 12 grootmense en elf kinders genoeg sal kry en dan behoort daar oor te bly vir Sondag poeding. Dink weer .... alles is opgeëet deur ons gaste. Wat 'n GROOT treffer en almal wil die resep hê. Ons antwoord: "gaan koop die Sarie!". Dankie, dit was hemels.

    27ste Jul. 2012, 16:59