Nuwe kosredakteur, Herman Lensing, se puttanesca-resep

Klik vir die resep wat hy in sy RSG-onderhoud genoem het

Spaghetti puttanesca

(Genoeg vir 2 mense)

Die storie word vertel dat die dames van die nag in Italië glo dié gereg berei het en ’n bak daarvan op hul vensterbanke geplaas het. Die geur het die kliënte nadergelok . . .

  • 250 g spaghetti
  • 10 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies , fyngekap
  • 6 ansjovis-filette
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • 15 swart olywe, ontpit
  • 1 blik kersietamaties
  • hand vol basiliekruidblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • parmesaankaas
  1. Kook spaghetti soos op verpakking aangedui. Dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit olie en braai ansjovis, knoffel en rissies saam. Voeg olywe by en braai liggies. Voeg tamaties by en laat stadig prut vir 10 – 15 minute.
  3. Skeur basiliekruidblare en voeg  by.
  4. Skep die spaghetti in die sous en meng alles deur. Geur met sout en peper.
  5. Sit voor met parmesaankaas.

Verwante artikels

Galery

  • Herman Lensing
  • Puttanesca

Kommentaar

  • Hi Marinda. Jammer vir die fout - dis sommer gou reggestel. Dis inderdaad die 7de vandag. Groete

    7de Okt. 2009, 16:54
  • Dis 7 Oktober, nie 17 nie!

    7de Okt. 2009, 16:26