SA kosskrywers wen groot
Pieter-Dirk Uys se alter ego, Evita Bezuidenhout, se eerste kookboek het onlangs die lig gesien, nes Marita van der Vyver s'n. En albei is wenners!
EVITA se KOSSIE SIKELELA het reeds meer as 40 000 eksemplare verkoop en is aangewys as die wenner in SA van die Gourmand World Cookbooks-toekenning vir 2010 in die kategorie beste maklike resepteboek. Marita van der Vyver se Summer food in Provence is die wenner in die kategorie Franse kookkuns.
Albei die boeke gaan nou teen wenners van ander lande te staan kom vir die Gourmand Best In The World-toekenning wat in Maart 2011 in Parys, Frankryk, toegeken word.
Evita is baie bly oor die toekenning. “Ek is opgewonde en plesierig oor hierdie nuus en gee spesiale eer aan Linda Vicquery, wat die meeste van die werk gedoen het terwyl ek die meeste van die gewig opgetel het! Die beste in Suid-Afrika is beter as die beste in die wêreld!” het sy gesê oor die prys.
Verwante artikels
-
5 boekminute met Marita van der Vyver
SARIE Julie 2010
Eintlik het Marita van der Vyver geen bekendstelling nodig nie. Julle ken haar as rubriekskrywer in SARIE waar sy lekker vertel oor haar lewe in Provence.
-
Evita Bezuidenhout
"Ná al die geld wat hulle vir SAL gee, is dit 'n verkleining, nie 'n begroting nie." - Evita Bezuidenhout oor Trevor Manuel se nuwe...
-
Marita se padkos aan haar seun
SARIE - April 2010
Liewe Seun, Op die vooraand van jou agttiende verjaardag sou ek graag ’n grootse gebaar wou maak. Vir jou, sê nou maar, ’n bottel van die beste wyn in die wêreld koop, sodat jy dit kan drink as ek eendag nie meer daar is nie.
-
Marita van der Vyver se 2010: 2 boeke, 'n rolprent, 'n toneelstuk
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Marita van der Vyver: Uit Provence KERKSTRAAT – DIE MUSICAL
SARIE September 2010
Selfs ons kat het spontaan in 'n aktrise ontpop.
-
Pieter-Dirk Uys
SARIE - September 2009
-
Pieter-Dirk Uys se 10 lewensreëls
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 4
Volgens dié 10 reëls kán 'n mens maar leef!
-
Tannie Evita en Charlize in Hollywood
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Charlize Theron, Benoni se Oscar-wenner, lang verlore susterskind van Tannie Evita Bezuidenhout (Pieter-Dirk Uys) is verlede week in Hollywood herenig.
















Kommentaar