SARIE KOS Februarie / Maart 2012 nóú te kry! Hier's 'n lusmaker

SARIE KOS Feb/Mrt 2012

Van trendy kosklubs en pop-up-eetplekke tot spog-resepte met maalvleis. Jy kan eenvoudig nie hierdie uitgawe van SARIE KOS mis nie!

"Elke SARIE KOS is ’n reis – van die aanvanklike beplanning, die baie ure van kook, stileer en foto’s neem tot die finale bladuitleg en drukproses om hierdie spesiale tydskrif in ons elkeen se hande te kry! Soos die kosspan, Barbara, Herman en Melissa, die nuwe disse vir elke uitgawe optower, só word die kosstories blad vir blad in ons kantoor opgeplak.

Voor daardie muur stáán ons. Vir ure. Net om te sien hoe die tydskrif resep ná wonderlike resep vorder.

Skaars beteuel ons ons oor al die nuwe smake en slim kos-idees en raak telkens nostalgies oor bekende en geliefde geregte. Voor daardie muur droom ons letterlik in geur en kleur.

Resepte is soos boek lees, dink ek altyd, want elk voer jou weg na ’n ander tyd en plek. Soos nou weer met die witsjokolade-storie en die maalvleis-lekkertes met koljander, masala, vinkel en borrie soos jy nie aldag proe nie.

Skielik is ek terug op Zanzibar, die eiland van speserye. In ’n koelgroen plantasie met hoë bome, warm, klam grond en plante wat wild en welig rank. Blomme, peule en sade hang swaar aan takke. Dis ’n wonderwêreld van reuke en vorms wat jy herken, dan nie kan plaas nie en jou dikwels met verbasing weer laat kyk. Vanielje wat rank so ver jy sien en die belofte van koel roomys inhou, kakaobome wat vir ons sjokolade gee, kaneel, daardie soet binnebas van ’n immergroen boom wat toor met kos, en naeltjies, so waardevol vir dié eiland dat elke boom opgeteken word.

Daar’s sade van die kardemomplant, saam met saffraan en vanielje die wêreld se duurste speserye, gemmer soos die mensdom al in die vroegste tyd leer ken het, en welriekende tropiese lemoengras.

Elk ’n geur wat jou laat stilstaan; elk ’n smaak wat kos vandag, elke dag, vir ons so ’n besondere reis maak.

Geniet hierdie uitgawe. Jou reis, soos ’n bord vol smake, begin net mooi hier."

-  Michélle van Breda, SARIE-redakteur

DIS 'N TREND! KOSKLUBS EN POP-UP-EETPLEKKE

En daar's 2 vereistes: goeie kos en 'n tema. Laat die pret begin . . . 'n Kuier-fantasie soos nét Barbara kan!

'n Kuier-fantasie!Las Vegas se 'afshow'-koekies

20 MAKLIK SOMERRESEPTE

Begin die jaar op 'n vars noot met Barbara se etes vir die hele gesin.


WIT, WITTER, WITSJOKOLADE!

Vir die dae wanneer jou suikertand sterker is as jou wilskrag . . .

DIÉ BROWNIE MOET JÊM KRY

Mense staan tou vir Matie-student Eric Labuschagne se brownies.

MAALVLEIS MET SPESERYE EN SWIER!

Gee klassieke maalvleisgeregte nuwe lewe.

KORTPAD-POEDINGS

Tiramisu-éclairs

LEKKER VIR DIE KOSBLIK: Ook perfek vir diabete


DIE KERSIE OP DIE . . .

Kersies hoort mos by swartwoudkoek en vrugtekoek, maar wag tot jy dit in limonade of saam met roomys en plaatkoekies proe.

SA SE LEKKERSTE APPELTERT!

TEKEN IN OP SARIE KOS!

SARIE TV: KUIER AGTER DIE SKERMS TYDENS DIE INSPIRERENDE FANTASIE-FOTOSESSIE!


Verwante artikels

  • Maak stap-vir-stap poffertjies vir jou croquembouche

    Maak stap-vir-stap poffertjies vir jou croquembouche

    SARIE Februarie 2012

    Herman wys stap-vir-stap hoe om poffertjies vir jou croquembouche te maak. Dit staan ook bekend as 'n pièce montée en is 'n uithaler-nagereg. Die resep is in die Maart-uitgawe van SARIE.

Galery

  • SARIE KOS Februarie / Maart 2012
  • 'n Kuier-fantasie!
  • 'n Kuier-fantasie!
  • Las Vegas se 'afshow'-koekies
  • Yummi se brownies en macaroons
  • Eric Labuschagne van Yummi
  • Maalvleis-quiche met komyngeur-sampioene
  • Tamatie-frikkadelle met eiervrug
  • Kersie-limonade
  • Kersie-en-pistasieneut-plaatkoekies
  • Wit brownies of liewer 'blondies'
  • Vanielje-en-framboos-roomys op 'n stokkie
  • Slaai met geroosterde hoender en papaja
  • Anderste spaghetti carbonara
  • Kortpad-poedings: Karamel-roomys
  • Tiramisu-éclairs
  • Hoender-nuggets
  • Mini-pampoenmuffins
  • Die lekkerste appeltert

Kommentaar

  • Baie dankie vir 'n ongelooflike tydskrif. Ek mis ook nie 'n uitgawe nie, maar ongelukkig het ek nr.2 gemis en kan dit nerens kry nie. Ek wens ek kan een in die hande kry!!!!

    1ste Mar. 2012, 16:19
  • I love the fabulous recipes in KOS; not being fully bilingual I would really be grateful if you could bring out an English version of KOS... PLEEEEEEEEEEEEEEEEEEEASE I am sure i am not the only person who would love to see such a fabulous foodie magazine translated.

    17de Feb. 2012, 15:28
  • Jinne, ek luv hierdie tydskrif! Barbara Joubert: ek hoop om eendag jou hand te skud. Sò 'n vrou loop ek 'n laaaaaaaaaaaaaaaang pad mee saam! Baie dankie vir 'n wonnerlike kostydskrif: ek mis nie 'n enkele uitgawe nie.

    25ste Jan. 2012, 15:52