SARIE KOS wen gróót tydskrifprys
Die Niel Hammann-prys gaan jaarliks aan dié tydskrif wat die beste vaar in Media24 se tydskrif-portfeulje. Vanjaar word die prys toegeken aan SARIE KOS.
Nie net het dié Afrikaanse kostydskrif uit die SARIE-stal reeds byna elke toekenning in die bedryf ingepalm nie, maar dit bly groei ten spyte van ekonomiese druk.
(Bron: John Relihan, uitvoerende hoof: Media24 Tydskrifte)
"Wanneer ek dink aan die dag dat ons besluit het om 'n kosboek op die mark te sit besef ek dat ons net altyd geweet het dit gaan werk, mislukking was nooit eens 'n vae gedagte nie. Net hóé groot 'n impak SARIE KOS sou maak, het ons dalk nie heeltemal besef nie. Maar vir seker sal dit vir lank bekend wees as die eerste handelsnaam-uitbreiding (brand extension) wat die SARIE-span van die nuwe millennium in die mark gesit het en dat dit die mark oorrompel het!" - Michélle van Breda, SARIE-redakteur.
Verwante artikels
-
NUUT! SARIE KOS vir MANS
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 28
Verby is die dae dat die kombuis net vir vroue beskore was! SARIE KOS vir mans volg in die voetspore van SARIE KOS, Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse kostydskrif. Dit is van 26 Mei op die winkelrakke.














Kommentaar
Charmaine Broodryk het gesê:
Ongelooflike tydskrif - bevorder my kreatiwiteit en inspireer my om kos te maak. Dankie vir die bederf dit is ongelooflik inspirerend.
12de Aug. 2010, 13:26