SARIE-kosredakteur, Herman, is verlief op Meryl Streep en die fliek Julie and Julia
Foto’s: verskaf Galery
Herman Lensing, SARIE-kosredakteur, het 'n spesiale voorvertoning van die nuwe Meryl Streep-fiek, Julie & Julia, bygewoon. Die verhaal is watertand-lekker!
Ek is versot op eet, kook en alles wat te doen het met kos. Twee weke gelede het ek ’n uitnodiging gekry om die bekendstelling van die Julie and Julia-fliek te gaan kyk. Onmiddellik was ek in ekstase. Ek het dadelik die boek gaan koop en gelees.
My mond het elke keer gewater as ek lees oor dít wat Julia gekook het. Ná wat gevoel het soos maande het ek uiteindelik gisteraand die fliek gesien. ONGELOOFLIK!
Die fliek vertel die storie van Amerikaner Julia Child wat in Frankryk gaan bly. Sy stel geensins belang in enige handwerk-tydsverdryf (soos hoedemaak) nie.
“Julia, wat wil jy word?” "Ek weet nie regtig nie, ag, eintlik wil ek maar net kook. Ek is mal oor eet,” sê Julia. Sy besluit toe maar om te begin kook. Haar grootste frustasie blyk toe te wees dat daar geen Engelse kookboeke oor Franse kookkuns is nie. Sy besluit net daar en dan sý gaan so ’n kookboek skryf.
Die storie word in twee tydsdimensies vertel: Daar's ook Julie Powell wat jare later uit desperaatheid dié boek van Julia, Mastering the Art of French Cuisine, optel en begin kook. Sy pak 'n projek aan om vir 'n jaar lank elke dag Julia Child se resepte te kook – en dan daaroor te blog. Oor die volgende maande besef Julie wat die krag van kos in jou lewe is – alles wat Julia ook ervaar het.
Meryl Streep vertolk die rol van Julia Child en Amy Adams is Julie. Meryl is absoluut ongelooflik en haar vertoning wys weer hoe veelsydig sy as aktrise is. Stanley Tucci speel teenoor Meryl as haar man en, soos gewoonlik, komplementeer hy haar perfek. (Hy was ook te sien saam met Meryl in The Devil wears Prada.)
Die fliek is ’n moet-sien vir almal wat 'n voorliefde vir eet, kook en kos het! Diegene wat, soos ek, 'n obsessie met Le Creuset-potte het en, soos ek, te min daarvan het, gaan beslis groen van jaloesie uitstap. Maak net seker jy gaan nie honger kyk nie. Die kos in die fliek is verruklik en jy kan byna alles proe wat hulle kook!
Maak seker jy mis nie hierdie fiek nie. Bon appétit!
Die blog waarop die fliek gebaseer is:
The Julie/Julia Project: Nobody here but us servantless American cooks...
Koop die boek, My Life in France deur Julia Child, hier.
Verwante artikels
-
"Die dag toe ek vir Ronaldo sien!" SARIE se Herman vertel
SARIE - Junie 2010
Oukei, ek is mos maar ’n plattelandse seun van Upington en as dit by celebs kom, verloor ek sommer kop.
-
Barbara se Cassoulet
SARIE - Junie 2005
’n Klassieke Franse gereg wat ek vereenvoudig het. Vir die ware Jakob sal jy 3 dae in die kombuis besig wees
-
Herman blog oor emosies, lysies en kook
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Ek is mos een van daardie mense wat heeltemal te veel oor dinge dink. Ek beplan alles in detail en maak seker ek skryf 'n lysie van presies wat gedoen moet word.
-
Herman se blog: Soos ’n voël in die lug
SARIE - Desember 2009
Ek het altyd gewonder hoe dit sal wees om te kan eet saam met die voëls...
-
Herman se blog: ’n Brood in die oond
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
“Daar is dálk beter dinge as bredie, gebakte aartappels en tuisgemaakte brood – dálk ...” het die Amerikaanse joernalis en skrywer David Grayson gesê. En ek stem heelhartig saam!
-
Herman, SARIE-kosredakteur, blog: Die kookboek van alle kookboeke
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 7
SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, put inspirasie uit 'n naamlose, fotolose resepte-"skatkis"
-
Madeleines
SARIE KOS - Lente 2008
Jy’t ’n madeleine-pannetjie nodig.
-
Meryl Streep speel Margaret Thatcher – kyk die foto!
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
Meryl Streep kan énige rol speel. En die nuutste op haar kerfstok is die van Margaret Thatcher, die eerste vroulike Britse premier.
-
Nigella is 50!
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 1
Nigella Lawson, die Britse TV-kos-koningin, wat erken dat sy 'n swakheid vir chips, gravy and cheese (als saam) het, word hierdie maand 50 jaar oud.
-
Nóg 'n smaaklike kos-blog
SARIE Januarie 2010
Die fliek Julie & Julia het kos-blogs weer in die kollig gesit. Love & Olive Oil is die kulinêre avonture van Lindsay en Taylor van Nashville, Tennessee.
-
Peter Veldsman-blog: Gedagtes rondom Kersfees
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
Van 'n strandpiekniek, tot gevulde hoender, basiliekruidroomys en 3 lekker kookboeke. Peter inspireer met 'n paar idees.
-
Sielskos in die nuwe Lente SARIE KOS
SARIE KOS Lente 2009 | Kommentaar: 1
Hier's 'n voorsmakie uit die nuutste SARIE KOS - van 30 September op die rakke!
-
Wat het Oprah, Meryl Streep en Sandra Bullock in gemeen?
SARIE - November 2010
Daar's nog nie sprake van draaiboek nie, maar Meryl Streep, Oprah Winfrey en Sandra Bullock het reeds ingestem om in Michael Patrick King (skrywer/regisseur van Sex and the City) se nuutste (nog naamlose) fliek te speel, berig www.slashfilm.com.
-
Willie Harcourt-Cooze, sjokolade-'towenaar', by die Good Food & Wine Show
SARIE - Mei 2010
Die jaarlikse Good Food & Wine Show vind volgende week van 13 – 16 Mei in die Kaap plaas. Groot name om voor uit te kyk is die meester Gordon Ramsay, die Italianer Giorgio Locatelli en meester-pâtissier Eric Lanlard.




















Kommentaar
Elmarie Kemp het gesê:
Herman, jy MOET My Life in France lees wat deur Julia se man, Paul, se tweelingbroer se kleinseun, Alex Prud'homme in samewerking met Julia, geskryf is. Dit is 'n ongelooflike kan-nie-neersit lekker lees. Ongelukkig is sy oorlede voor dit gepubliseer is. Koop die kopie waarop die foto van Julia & Paul met rooi harte op hulle bors is, want daar is foto's in. Ek was ook mal oor die fliek, maar het elke keer gewens dat Julia se dele weer opkom. Meryl het Julia "spot-on" nageboots, ek het 'n wonderlike dvd reeks gekoop met 'n biografie dvd en dan nog 'n paar dvd's met haar tv programme op, sy was ongelooflik. Enige non-kok (bestaan daar so 'n woord?) kan kook uit haar Mastering the Art of French Cooking. Ons het 'n winkel in Kanada, Winners, waar ons Le Creusset potte teen 'n fraksie vd prys koop. Watter plesier! As huishoudkundige kon ek net snak na my asem toe ek haar koperpot versameling sien!
14de Des. 2009, 04:09Amelia-May Woudstra het gesê:
Herman, ek was net so mal oor die film. Meryl bly maar een van my gunsteling aktrises.
16de Nov. 2009, 12:09