Skrywer van topverkoper Kook en geniet is oorlede
Human & Rousseau, 'n druknaam van NB-Uitgewers, is hartseer om aan te kondig dat S.J.A de Villiers, skrywer van die topverkoper, Kook en geniet, op 91 oorlede is.
S.J.A. de Villiers is 'n Suid-Afrikaanse ikoon. Sy is die een wat die nasie leer kook het. In 1951 het sy die eerste uitgawe van Kook en geniet self die lig laat sien het. Die eerste Cook and Enjoy het in 1961 verskyn. Tot in 1990, met die 14de uitgawe, toe daar reeds meer as 'n half miljoen eksemplare van albei weergawes verkoop is, het sy self die druk en verspreiding van dié gewilde kookboek hanteer. In 1992 het Human & Rousseau Kook en geniet in 'n nuwe gewaad laat verskyn met pragtige kleurfoto's en 'n nuwe ontwerp.
In November 2009 het Human & Rousseau 'n nuwe opgedateerde uitgawe van Kook en geniet gepubliseer - met 'n pragfoto uit SARIE KOS op die voorblad! De Villiers se dogter, Eunice van der Berg, 'n huishoudkundige soos haar ma, het deur die kopie gewerk en gemoderniseer waar nodig sonder dat die essensie van die Kook en geniet wat ons almal ken en lief het, verlore gaan.
S.J.A. de Viliers het in Stellenbosch gewoon.
Verwante artikels
-
Kook & Geniet verkoop oor 'n miljoen eksemplare
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 1
Kook & Geniet en Cook & Enjoy deur S.J.A. de Villiers het pas die verkoopsyfer van 1 111 111 oortref.
-
Marita blog oor haar nuwe kosprogram: "Merci, merci, merci!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
In September 2010 is die produksiespan van MaritaKook, 'n nuwe reeks op kykNET, in Frankryk om met die verfilming van dié nuwe kookprogram te begin. Marita blog vir sarie.com oor haar ervaringe
-
NUUT! Al SARIE KOS- en SARIE-resepte nou op jou foon
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
‘n Eerste in SA! Vir slegs R10 per maand is ál SARIE- en SARIE KOS-resepte sowel as ander gebruikers se top-resepte altyd byderhand – enige tyd, enige plek.
-
Troukos: Wat is op die bruidstafel?
SARIE September 2010
Romanse, nostalgie en troukoeke bly deel van die spyskaart, maar harte neem oor én die troutafel raak “groen”. So sê drie spyseniers by wie Martie Swanepoel gaan kers opsteek het
















Kommentaar