Só braai die Bokke
Dis nie sommer enige braai nie, dis 'n fees - van sardientjies op die kole tot egte espetadas as die manne die aand Spaans-Portugees braai. Dan is daar natuurlik die plaaslike lekkertes - kabeljou, kruisskyf, maer lamstjops, aartappels en tamatie-uie-smoor
Hier's die spyskaart vir die Spaans-Portugese braai:
Brode
Portugese rolletjies met laevet piquanté-soetrissie- en witboondoopsouse
Olyf- en kruie-ciabattas
Sop
Gazpacho
Hoofgereg
Gebraaide sardiens of vars vis (Portugese styl)
Beesvleis-espetadas
Gebraaide spithoender
Mielies op die stronk
Aartappel in die skil gebraai
Slaai (maak jou eie):
Blaarslaai, avokado, beet, gerasperde wortel, aspersies, uieringe, tamaties, suurlemoenskyfies, olywe, kappertjiesaad, agurkies, fetakaas, gebakte croutons, pynappel, piquanté-soetrissies, klein mielies en wortels, rooi blaarslaai, komkommer en geroosterde groente, met laevet-slaaisouse, olyfolie en balsemasyn.
- Laevet koolslaai
- Groenboon- en tamatieslaai - vinaigrette-sous
- Geurige rysslaai
Nagereg
Kaalperskes of appelkose geposjeer in bosbessie-sous, of suikergebraaide perskes, voorgesit met soet vanielje-ricotta
Individuele sjokolade-bruintjies
Besoek SA Rugby vir meer inligting
Verwante artikels
-
Bloubul-Springbok Wynand Olivier se liefde - Foto's
SARIE - Oktober 2010
Hulle is saam gesien by vanjaar se Skouspel en ja, hulle is 'n paartjie. Top Billing het ook vroeër by Wynand en sy meisie, Anri Brand, 'n draai gaan maak. Sy is 'n mediese verteenwoordiger en van Pretoria.
-
John Smit: 10 dinge wat jy nie van hom geweet het nie
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 3
Hy is SA se gróót held, die internasionale rugbykaptein wat al die meeste kere sy span gelei het. Maar John Smit is ook ’n man vir geel rose, slaaptydstories en doeke omruil.
-
Só eet die Bokke
SARIE - Junie 2009
Nicole Chamberlin praat vir SARIE met Shelly Meltzer, dieet-konsultant van die Castle 2009 Britse Leeus-toer en die Springbokspan, oor die dieetgeheime van ons land se top-rugbyspelers. Jy sal verbaas wees.














Kry jou SARIE oral, enige tyd