Spinsuiker vir wen-trifle
Foto’s: Rodger February Galery
Maak feestelike spinsuiker (dis maklik!) om saam met die wen-trifle uit SARIE KOS Somer 2009 te gaan
Om spinsuiker te maak is 'n baie maklike proses en een wat sonder enige moeite jou gaste gaan laat snak na asem.
Hier is dit in 'n paar eenvoudige stappe:
Wat jy nodig het:
- 250 ml suiker
- 125 ml water
Voor jy begin: Kry jou bestanddele reg.

Meng die suiker en water in 'n pot en bring tot kookpunt oor lae hitte. Moenie roer sodra dit begin kook nie, anders sal suikerkristalle vorm.

Kook die mengsel vir sowat 10 – 15 minute, of todat dit begin karamelliseer. (Die suiker kry 'n ligbruin/goue kleur.) Verwyder dadelik van hitte en druk die basis van die pot in koue water om die kookproses te stop.

Werk baie versigtig, want die karamel kan jou baie seer brand. Gebruik die steel van 'n houtlepel of 'n yster-toetspen. Laat die karamel van 'n hoogte af oor die pen loop sodat lang suikerdrade vorm. Hou so aan tot 'n dik bos suikerdrade gevorm het.

Bring alles bymekaar met jou hande en verwyder die pen. Plaas bo-op jou Kersfees-trifle of enige ander nagereg van jou keuse.

Verwante artikels
-
Berry meringue trifle
SARIE KOS - Somer 2008
-
Bessie-meringue-trifle
SARIE KOS - Somer 2008
Dit sal jou letterlik sowat 10 minute neem om te maak. ’n Baie lekker nagereg vir Kersfees
-
Cecilia van den Berg se trifle resep
SARIE KOS Somer 2009/10
Cecilia van den Berg se trifle resep het 2de prys gewen in SA se lekkerste trifle kompetisie.
-
Marokkaanse groente-trifle
SARIE KOS - Somer 2008
Jy benodig 4 glase van sowat 200 ml elk om dit in te maak
-
Melanie Rudman se trifle resep
Melanie Rudman se trifle resep het 3de prys gewen in SA se lekkerste trifle kompetisie.
-
Moroccan vegetable trifle
SARIE KOS - Somer 2008
-
Swartwoud-trifle
SARIE - Desember 2006
Jy kan een groot bak maak of vir elke persoon sy eie in ’n groot rooiwynglas. Ek het ook sjokolademuffins gebruik - dit maak dit net soveel makliker en vinniger




















Kommentaar
Daleen van Zyl het gesê:
Dit lyk so maklik! Gaan dit definitief probeer :)
9de Jul. 2010, 17:18