Waar daar ‘n rokie trek, is dit Braai4Heritage-dag
Braai4Heritage-dag op 24 September is ‘n feesviering van ons land, kultuur, diversiteit en tradisies. Braaidag is al amper sinoniem met een van Afrika se basiese beginsels: Ubuntu. Maar moenie vergeet dat dit ook Erfenisdag is nie!
Min dinge sê eg Suid-Afrikaans soos 'n braai! En daardie koning van die kole, Jan Braai, het dit bewys toe hy 'n nuwe Guinness-wêreldrekord opgestel het vir die man wat die langste kon braai.
Vir Braai4Heritage-dag het die Suid-Afrikaanse groepe Zinkplaat en Tidal Waves saamgespan om die liedjie Chisa Nyama (besoek die webblad om die liedjies af te laai) op te neem. Chisa beteken ''brand'' en nyama beteken ''vleis'', maar die Zoeloes weet dit beteken eintlik braai!
Moet ook nie Heuwels Fantasties se braaidag-liedjie, "Our Heritage" vergeet nie. En vanjaar hy is die omstrede Jack Parow ook deel van Our Heritage.
Klik hier vir nog idees: braai 1 en braai 2
Sommer vir die lekker, hier is jou Lekkerlag-braaiwoordeboek:
Taaisoet: Dis hoe jy voel nadat jy ‘n paar gebraaide marshmallows weggeslaan het.
Braai hard: ‘n Aksiefliek uit die 90 jare oor ‘n ou wat baie braai.
Boerie: die Ingelse se afkorting vir ‘n boerewors roll.
Braaiathon: ’n Baie lang braai.
Kalahari-oester: Haal ‘n litchi se pit uit, stop ‘n mosseltjie in die plek van die pit, plaas ‘n repie spek om die litchi, steek vas met ‘n tandestokkie en braai in knoffelbotter.
Houtskool: Waar jong braaiers gaan om te leer van verskillende soorte hout, wat die beste werk vir watter vleis, hoe lank elkeen neem om uit te brand, die tyd wat elkeen se kole hou voor dit as is, kap- en saagtegnieke om toe te pas sowel as die geskiedenis, biologiese stamboom en oorsprong van die bome waar die hout vandaan kom.
Dop-’n-Tjop: Bring & braai. Jy bring jou eie vleis en drank saam, die gasheer gee hout-en-sout.
Braaiswaer: Jou braai-metgesel, getroud met jou suster.
Abbraaiviation: ’n Baie kort braai.
Verwante artikels
-
Braaibroodjies in 'n pan
20 minute
-
Brosgebraaide baba-calamari
SARIE - Junie 2010
-
Gebraaide rib-steak op tortillas
SARIE KOS vir mans 2010
20 minute
-
Gebraaide vis met tamatie-en-olyf-salsa
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 1
15 minute
-
NUUT! Al SARIE KOS- en SARIE-resepte nou op jou foon
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
‘n Eerste in SA! Vir slegs R10 per maand is ál SARIE- en SARIE KOS-resepte sowel as ander gebruikers se top-resepte altyd byderhand – enige tyd, enige plek.



























Kommentaar