Willie Harcourt-Cooze, sjokolade-'towenaar', by die Good Food & Wine Show
Die jaarlikse Good Food & Wine Show vind volgende week van 13 – 16 Mei in die Kaap plaas. Groot name om voor uit te kyk is die meester Gordon Ramsay, die Italianer Giorgio Locatelli en meester-pâtissier Eric Lanlard.
Willie Harcourt-Cooze, wat so met sjokolade toor in die fliek Willie’s Wonky Chocolate Factory, sal ook daar wees. Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, het met hom gesels.
Jou liefde vir sjokolade is aansteeklik, vertel ’n bietjie?
Op reis in Venezuela in 1994 het ek kakao ontdek. Ek het die plaas Hacienda El Tesoro gekoop by die eienaar, wat sedert hy ’n kind was daar kakao verbou het. Nadat hy vir my die plaas gewys het, het hy vir my warmsjokolade in sy klein kombuisie gemaak. Ek het nog nooit so iets geproe nie! Ons het kontak verloor met die ongelooflike geure en eienskappe van ware sjokolade. Dis nie net ’n wonder-geneesmiddel nie, maar ook ’n fantastiese, veelsydige kosbestanddeel, ’n kragtige verryker van soet én sout geregte.
Jy eet dit daagliks, geniet jy dit nog?
Ek het nie eintlik meer so gedink nie, maar toe ek sonder ’n voorraad gevang is, het ek dit baie gemis!
Wat was die grootste aanpassing toe jy na ’n Derdewêreld-land getrek het?
Om al die handelaars op te spoor en om handel te dryf in ’n vreemde taal. Lyftaal is gelukkig internasionaal, en ek is avontuurlik.
Wat maak jou sjokolade anders?
Ek maak dit met liefde, en die kernbestanddeel is passie. Ek het nie besef hoeveel werk daar ingaan nie, van boontjie tot eindproduk. Ek het klein begin, per hand, en daarom verstaan ek dit so goed. Ons gebruik die heel beste bone, organiese Kubaanse suiker en Venezolaanse kakaobotter. En ek hou die herinnering van daardie eerste mondjie warmsjokolade in gedagte terwyl ek werk.
Watter handelsmerk sou jy sê is die naam “sjokolade” waardig?
Buiten my eie – moeilik! Baie kry sommige aspekte reg; Amedei en Amano van Amerika doen interessante goed.
Besoek www.gourmetsa.co.za vir inligting oor die program en waar jy kaartjies kan koop.
Verwante artikels
-
Herman se blog: Soos ’n voël in die lug
SARIE - Desember 2009
Ek het altyd gewonder hoe dit sal wees om te kan eet saam met die voëls...
-
Herman se blog: ’n Brood in die oond
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
“Daar is dálk beter dinge as bredie, gebakte aartappels en tuisgemaakte brood – dálk ...” het die Amerikaanse joernalis en skrywer David Grayson gesê. En ek stem heelhartig saam!
-
SARIE-kosredakteur, Herman, is verlief op Meryl Streep en die fliek Julie and Julia
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Herman Lensing, SARIE-kosredakteur, het 'n spesiale voorvertoning van die nuwe Meryl Streep-fiek, Julie & Julia, bygewoon. Die verhaal is watertand-lekker!
















Kommentaar