Screen Shot 2016-01-13 at 3.14.55 PM
Glutenvry

Só maak ons Viëtnamese rolletjies

Moenie dink hierdie resep is moeilik of vreemd nie – dis baie gesond en makliker as wat jy dink!

• 12 velle ryspapier
• 30 ml olyfolie
• 500 g steurgarnale, doppe verwyder en skoongemaak
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 1 wortel, in stokkies gesny
• 10 cm-stuk komkommer, in repe gesny
• hand vol koljanderblare, fyngekap

Vir doopsous

• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 3 cm vars gemmer, skoongemaak en fyngerasper
• 15 ml brandrissiesous
• 15 ml vissous
• 60 ml sojasous

Verhit sowat 30 ml olyf olie in ‘n pan en braai die steurgarnale vir 5 minute aan weerskante tot gaar. Geur met sout en peper na smaak. Laat eenkant afkoel tot benodig. Plaas ’n vel ryspapier op ’n skoon werkvlak. Besprinkel met water en smeer met jou vingers oor papiervel.

Draai om en herhaal proses aan ander kant. Pak steurgarnale, wortel, komkommer en koljander op ryspapier, maar los ’n rand van sowat 3 cm aan een kant. Vou dié rand bo-oor bestanddele. Vou dan die buitenste twee punte na binne en rol stewig op. Plaas onder ’n klam doek tot later benodig. Plaas al die bestanddele van die sous in ’n klein mengbakkie en roer goed met ’n teelepel. Pak die rolletjies op ’n opdienbord en sit voor met doopsous.

Kyk hoe vinnig en maklik!