14980807_1017476491696071_2918818054348977766_n
Kos

Nutella-hamburger? Ons sê ja!

Noem jy net die naam Nutella, glimlag ek van oor tot oor. En toe ek op Facebook lees daar kom ’n Nutella-hamburger, kon ek my oë nie glo nie. Klink dit nie hemels nie? Ja, McDonald’s kry binnekort ’n soet hamburger op hul spyskaart, een wat gevul is met die Italiaanse sjokoladesmeer Nutella.

Hulle is bekend vir daai suikersoet rolletjies waarop die hamburgers voorgesit word. Dié broodjies is altyd veerlig en daarom perfek vir soet vulsels!

via GIPHY

Kan dit lekker wees? Ek reken dit gaan baie smaak soos ’n doughnut wat gevul word met Nutella of enige ander sjokoladesmeer. Miskien is hierdie oondgebakte weergawe dalk net so effens gesonder as die ware Jakob wat in vet gebraai word.

Aan die begin van die jaar het Instagram ontplof met foto’s van Fairy Bread – snye winkel-witbrood wat met botter gesmeer word en dan ruim besprinkel word met kleurstrooisels (hundreds and thousands).

Nutella Burger just got real at McDonald’s. Thoughts?

A photo posted by Made Status Ladies – SELF MADE (@madeladies_) on


Maar ai, die slegte nuus is dat dié nuweling eers net in Italië se McDonald’s voorgesit gaan word en daarna in Amerika. Ons hoop dit vind gou sy pad na SA! Here’s looking at you, McDonald’s.

via GIPHY

Lees nou

Diabeet-vriendelik: Sjokolademousse