sr1010gesondvoor03
Om te drink

5 van die beste (gesonde) feesdrankies

1. Die moderne martini

(genoeg vir 1 mens)

• 1 baie ryp granaat
• 2 skeutjies vodka ys
• Kap granaatpitte effens fyn.
• Sit vodka en ys by en skud goed.
• Gooi deur ‘n teesiffie of moeselienlappiein ‘n koudgemaakte glas.

2. Bosbessiesap (cranberry) het baie vitamien C en is uitstekend vir blaasinfeksies en -ontsteking. Kikker dit op met suiwer lemoensap en ‘n knippie kaneel.

3. Rooibostee is kafeïenvry en laag in tannien, wat met die opneem van yster inmeng. Dis lekker met suiwer appel- en grenadellasap, asook kruisement-blaartjies.

4. Rooi druiwesap bevat baie antioksidante, veral resveratrol wat goed is vir jou hart en bloedvate. Proe hoe lekker dit smaak saam met vars bessiesap en fyngekapte ys.

5. Granaatsap met sodawater, ook genoem grenadien. Granate is ryk aan kalium, vitamien B en C, koper en magnesium. Gee dit nuwe smaak met ‘n bietjie vars suurlemoensap.

Bron: Sunette Kotze, dieetkundige en eienaar van E-SpiceHealth Shop, Magalieskruin, Pretoria. Kontak: 012-548 2762 of 083 251 2904

  • kohymvgpuht

    L6XjqK ihflbrfywsjh, [url=http://pmmepcpcaigt.com/]pmmepcpcaigt[/url], [link=http://wdakmfqtrqfr.com/]wdakmfqtrqfr[/link], http://zgecibybbafo.com/

  • xjwpyap

    BPmNEQ upmkxcednkzg, [url=http://owpznnbtzhgg.com/]owpznnbtzhgg[/url], [link=http://zsrjosvnkimo.com/]zsrjosvnkimo[/link], http://akgddgpavwve.com/