Om te drink

Bekende digter se gunsteling, redakteurs se topkeuse en brandewynfees

“Hoewel my familie van wyn weet, weet ek maar min daarvan. Die lekkerste wat ek nog geproe het, was by een vanmy suster, Liné, se dekadente aandetes: Bellingham Fair Maiden. Dis ‘n wit Rhônetipe- versnit, gehout, maar dit het so ‘n stouterige, lustige lemmetjie-smaak wat jou laat vermoed die Maiden is nie so Fair as wat sy beweer nie . . .” – Loftus Marais, wenner van die Eugène Marais- en Universiteit van Johannesburg-prys vir sy digbundel Staan in die algemeen nader aan vensters.

Lady G Sy’s blond en beeldskoon en kan die manne ‘n ding of twee wys.
Lady G
, ‘n Percheron-merrie, help nie net ploeg en saai by die
Waterkloof Wynkelder
in die Helderberg, Stellenbosch nie –
jy kan haar ook kom opsaal. Waterkloof se wyn-te-perd-roete
neem jou deur die wingerde en wys jou die inheemse
blommeprag. Die rit sluit af met die proe van hul grootste
kelderskatte.
Skakel 083 231 6936 of besoek www.waterkloofwines.co.za.

Brandy snaps Snap!
Die GoodLife Fine Brandyfees wat onlangs in Sandton, Johannesburg,
gehou is, wys hoe trendy brandewyn geword het. Yolande Schoeman,
sjef-in-opleiding aan die Institute of Culinary Arts, het ‘n nuwe
weergawe van die brandy snap gemaak:
‘n Brandewyn-en-gemmer-roomyshoring, gekroon met
brandewyn-en-gemmer-sorbet en met gemmerstrooisels gepoeier.

“Mense kyk met sintuiglike verwondering na brandewyn en ondersoek
nuwe maniere om dit te geniet,” sê Yolande.

PROE

BOUCHARD FINLAYSON BLANC DE MER 2008 BOUCHARD FINLAYSON BLANC DE MER 2008 | R64
Decanter, ‘n hoog aangeskrewe internasionale wyntydskrif,
het dié versnit as die Beste Nuwewêreld-witwyn aangewys.
Dis hoofsaaklik weisser riesling, versny met viognier,
chenin blanc, sauvignon blanc en 2% chardonnay.
Die karakter herinner aan sitrus en die mondgevoel is vol,
maar verfrissend. Goeie waarde vir geld en lekker
saam met pasta, vis of witvleisgeregte.
TWEE JONGE GEZELLEN T.J. LIGHT 2009 | R28 (plaasprys)
Dis ‘n vrugtige, elegante wit versnitwyn met ‘n lae alkohol-
en kalorie-inhoud (net 8,5% alkohol per volume). Dié wyn,
destyds die eerste lae-alkoholwyn in Suid-Afrika,
dra die Hart-enberoertestigting se stempel.
TANQUERAY GIN|R129,95 TANQUERAY GIN|R129,95
‘n Vars, droë jenewer met ‘n ryk jenewerbessiegeur.
Lekker saam met tonikum, Dry Lemon of lemoensap.

Bêreboekie

Die Rhinofieldsreeks van Durbanville Hills spog met ‘n unieke rug-etiket – ‘n boekie met details oor die wynreeks, die oorsprong van die naam en als wat die kelder doen vir die bewaring van die renosterveld. www.durbanvillehills.co.za

Rhinofieldsreeks van Durbanville Hills

 

Patrón Clint se drankie
Patrón
maak ‘n hele reeks tequilas, amptelik die gewildste
ultra-premium-tequilas ter wêreld. Sterre soos Clint Eastwood
en Jamie Foxx is gaande daaroor. Patrón was ‘n borg van
verlede jaar se Madiba-konsert in Londen.
Probeer hul koffielikeur met ‘n tequila-basis. Pryse begin by R348.

  • Elize Roux

    Kan jy asb vir my ‘n lekker resep van Brandy snap deur stuur. Baie dankie Elize Roux

  • http://jfgrzkvsmwli.com/ vvqabpwlo

    ICkznu ryfptsxtgvwc, [url=http://assrlgqqivaa.com/]assrlgqqivaa[/url], [link=http://ebcetzpciffl.com/]ebcetzpciffl[/link], http://qrpzcrgzhgnf.com/

  • http://qixxfmrjzbji.com/ mtwnxpw

    Dvsd7O jsfmkzjuwxjd, [url=http://zahnydlifibg.com/]zahnydlifibg[/url], [link=http://ucadzhdrrttg.com/]ucadzhdrrttg[/link], http://swoqfkiaywvp.com/