Om te drink

Skink & Klink

GELUK, CAMPARI!

Die gewilde kruiedrankie Campari is vanjaar 150 jaar oud, en die akteur Benicio del Toro, wat in Puerto Rico gebore is en in flieks soos Traffic speel, is gekies as die gesig van Campari se eksklusiewe kalender, The Red Affair 2011. “Benicio, met sy intense aantrekkingskrag en eiesoortige persoonlikheid, is ideaal vir dié handelsmerk,” sê Bob Kunze-Concewitz, uitvoerende hoof van Gruppo Campari. Michel Comte het die foto’s geneem.

*Drink hierdie somer jou Campari met sodawater, limonade of selfs lemoensap.

Onthoof Die enigste manier om die nuwe jaar behoorlik in te wy, is met sabrage. Dit beteken jy “onthoof” jou vonkelwynbottel op die Franse manier. Hou die bottel skuins weg van jou af, die bodem laer as die nek. Laat gly ’n sabel (’n geboë swaard) vinnig al langs die naat van ’n bottel cap classique of sjampanje op. Sodra die swaard die glaslippie aan die bopunt raak, skiet dit met prop en al af! Gereed vir skink. Die sabrage-metode het in Napoleon se weermag ontstaan toe hulle hul talle oorwinnings só gevier het. Sien www.sensi.co.za en bestel jou swaard (kunswerke!) daar.
Somer-drankie

LEKKER VIR DIE SOMER

Meng ’n skeutjie Collison’s White Gold – dis die potketelbrandewyn met die ligste kleur in SA – en bosbessiesap (cranberry juice). Versier dit met ’n lemmetjie en siedaar! Jy het ’n heerlike mengeldrankie. Jy kan die brandewyn, wat met ’n goue Veritasmedalje bekroon is, ook meng met enige ander vrugtesap, dit net so drink of ’n klein bietjie water byvoeg.

Beefeater

BEEFEATER LONDON DRY GIN | R300
Aangewys as die beste jenewer in sy klas op die internasionale wyn-en-spiritualieë-kompetisie in Londen. Drink jou jenewer met tonikum, lemoensap of Dry Lemon. En geniet die pragtige bottel!

PROE OOK
DIEMERSDAL MATYS SAUVIGNON BLANC 2010 | ± R40
Tropiese vrugte- en sitrusgeure val op in dié vars en verfrissende wyn. Sit yskoud voor. Pasmaats: Slaai, vis of hoender.

DE WETSHOF LIMELIGHT (GEEN OESJAAR) | R45
Dis ’n ongehoute versnit van chardonnay en pinot noir van die koning van chardonnay-landgoedere. Die wyn het ’n effense blos en is stylvol en uniek. Pasmaats: Thai-kerrie, pizza, soesji, braai, pasta en slaai. Kortom: Enige maal!

RUSH | R60 (6 BOTTELS)
Rush Energy, ’n sprankelende nuwe drankie, het ’n basis van Russian Bear-vodka en is die ideale teenvoeter vir moegheid.

Brio-restaurant

HIER SLAAP GLAMOUR NOOIT

In die bui vir jazz (live), goeie kos en wyn? Dink aan vars aspersies in parmaham, seekos, steak, beesstert en Lindt-sjokoladesoufflé. Kom loer gerus in by die nuwe Brio-restaurant op die hoek van Adderley- en Waalstraat in Kaapstad. Die wynlys bied name soos Glen Carlou, Constantia Uitsig en Boschendal. Alle drankies is daagliks tussen vyf en sewe halfprys. En as jy ’n tafel vroue bymekaar kan kry vir Woensdagaande, kry julle 50% af op jul maaltye! Trek jou hoë hakke en swart nommertjie aan. Hier slaap die glamour nooit! Skakel 021 422 0654 en besoek www.brio1893.com.