rianie_strydom
Om te drink

Vrouewynmaker wen ‘n eerste vir SA

Rianie Strydom, wynmaker van Haskell Vineyards, Stellenbosch wen die een toekenning na die ander. Só is haar Haskell Pillars Syrah 2007 die eerste Suid-Afrikaanse wyn ooit wat gekroon is as kampioenwyn tydens die Drienasies-wynuitdaging tussen SA, Nieu-Seeland en Australië verlede jaar!

Wat maak die Haskell Pillars Syrah 2007 (R400) so spesiaal?
Dis ons eerste oesjaar en ‘n ongelooflik elegante wyn.

Hoekom Syrah en nie Shiraz nie?
Syrah beskryf die wyn wat meer in die elegante, ou wêreldse styl gemaak is, terwyl Shiraz die naam is wat die Australiërs gegee het vir hul wyne wat voller en meer vrugtig is.

Waarin lê die grootste uitdaging van shiraz-maak vir jou?
Om die elegante geure soos wit peper, rooswater, wilde iris en sagte poeieragtige tanniene weer te gee.

By watter kos pas die wyn die beste?
Goed-gemarineerde volstruis, Springbok en coq au vin.

Wat, dink jy, is die twee belangrikste eienskappe wat ‘n wynmaker behoort te hê?
Passie en selfvertroue.

Watter ander groot uitdaging lê vir jou voor?
Om die Pichon Longeville Comtesse de Lalande-trofee vir die beste Bordeaux-versnit ter wêreld te wen. Andersins om Haskell se standaard te behou en selfs daarop te verbeter.

  • http://btzkzjeusoug.com/ mokymwfk

    1bTE7O zaurtxxqvawv, [url=http://aarjyrvhhtcn.com/]aarjyrvhhtcn[/url], [link=http://rzcewiisfuim.com/]rzcewiisfuim[/link], http://jgbpeebukrqt.com/

  • http://btzkzjeusoug.com/ mokymwfk

    1bTE7O zaurtxxqvawv, [url=http://aarjyrvhhtcn.com/]aarjyrvhhtcn[/url], [link=http://rzcewiisfuim.com/]rzcewiisfuim[/link], http://jgbpeebukrqt.com/