Chenin blanc bo!
Foto’s: verskaf Galery
Die dae toe Chenin Blanc beskou is as 'n tweedeklas witwyn is lankal verby
Vir my lê chenin blanc se lekkerte in die feit dat wynmakers so baie met dié druif kan doen. Droog, soet, gehout – noem maar op, chenin blanc kan die bottel volstaan.
Ek het gisteraand Koelenhof, in die Bottelary-subroete van Stellenbosch, se 2008 Koelenbosch Houtverouderde Chenin Blanc geproe. Ek glo dat chardonnay-drinkers ook van dié wyn gaan hou, want daar is redelik baie hout by. Omdat dit in 'n swaarder styl gemaak is, sal dit ook lekker werk aan tafel, veral saam met 'n gerookte hoenderslaai of gerookte salm.
Die 2007-oesjaar van hierdie wyn het vanjaar die prys as die beste-waarde-wenner in die Sure Pure Chenin Blanc-wedstryd verower, wat aangebied is deur Wine Magazine. Die 2007 is uitverkoop, maar plaas gerus jul bestellings vir die 2008-oesjaar, want teen sowat R25 per bottel gaan dit sekerlik nie lank wees voor dit óók uitverkoop is nie.
Koelenhof verteenwoordig sowat 75 druiweboere van die Stellenbosch-omgewing en daar word reeds sedert 1941 daar wyn gemaak.
Kitsgids tot chenin blanc
- Chenin blanc is Suid-Afrika se mees aangeplante druifsoort. Dit beslaan in totaal 18,8% van Suid-Afrika se wingerd-oppervlak.
- In Suid-Afrika word chenin blanc ook "steen" genoem.
- Daar is meer chenin blanc-wingerde in Suid-Afrika as in Frankryk se Loire-wyngebied, wat alombekend is as die tuiste van chenin blanc.
Verwante artikels
-
Bestel só jou wyn in 'n restaurant - en spaar!
Nou ja, ons is amptelik in 'n resessie. Gelukkig is daar kelders vol goeie, goedkoop wyn om van te kies.
-
Dis parstyd in die Boland
Parstyd is nie net ‘n bedrywige tyd in die wingerde en wynkelders nie, wynskrywers word sterk ingespan om nuwe wyne te proe en saam opgewonde te raak oor die vooruitsigte vir die 2009-oesjaar. Riette Rust vertel meer
-
Moenie dié “wyn”-restaurant misloop nie!
Dit was Vrydag, dit was warm, ek was gedaan. My gees het gewis opkikkering nodig gehad.
-
Seën die druiwe met jazz
SARIE - April 2009
Judith Sephuma, Zanne Stapelberg, Melanie Scholtz, Koos Kombuis en Nomfusi Gotyana. Dis die sterre wat by die eerste Spier-oesfees in hul eie amfiteater op Stellenbosch geskitter het


















Kommentaar