Die laaste slukkie somer . . .

Deur Nicolette Waterford

Terwyl ons die laaste snikke van die somer geniet, probeer gerus hierdie slaaisous-resep wanneer jy witwyn wil bedien saam met jou slaai. Dit sal sorg dat die skerp asynsmaak in die slaaisous nie met die wyn "baklei" nie

Jy benodig

  • ½ koppie witwyn (die wyn wat jy van plan is om te drink saam met ete)
  • 2 teelepels lemoenskil
  • 2 teelepels lemoensap
  • 2 teelepels witwynasyn
  • 2 teelepels sojasous
  • ½ teelepel Dijon-mostert
  • 2 teelepels sesamsaad-olie
  • 1 teelepel bruinsuiker
  • seesout na smaak
  • swartpeper na smaak

Metode
Gooi alles in jou menger en meng goed. Verkoel in die yskas.

 

 

 

Verwante artikels

  • Dis parstyd in die Boland

    Dis parstyd in die Boland

    Kommentaar: 5

    Parstyd is nie net ‘n bedrywige tyd in die wingerde en wynkelders nie, wynskrywers word sterk ingespan om nuwe wyne te proe en saam opgewonde te raak oor die vooruitsigte vir die 2009-oesjaar. Riette Rust vertel meer

  • Seën die druiwe met jazz

    Seën die druiwe met jazz

    SARIE - April 2009

    Judith Sephuma, Zanne Stapelberg, Melanie Scholtz, Koos Kombuis en Nomfusi Gotyana. Dis die sterre wat by die eerste Spier-oesfees in hul eie amfiteater op Stellenbosch geskitter het

Galery

  • Somerse slaai
  • Nicolette Waterford

Web Development by FormFunction