FOTO Herman Lensing

FOTO Herman Lensing

Kos

Ontbyt-jaffel

Jy hoef nie die broodjie net vir onbyt te geniet nie, dis net so lekker vir ’n vinnige en ligte aandete! 

Ontbyt-jaffel

genoeg vir 2 jaffels

• 4 groot snye witbrood
• 30 ml sagte botter
• 60 g sterk cheddarkaas, gerasper
• 6 repies brosgebraaide spek
• 2 saggebakte eiers

Smeer een kant van die sny brood met botter. Plaas dit in ’n jaffelpan met die gesmeerde kant na onder. Plaas helfte van die kaas, 3 repies spek en 1 gebakte eier bo-op brood. Plaas tweede sny brood bo-op met botterkant na buite. Maak pan toe en sny brood wat oorhang netjies af. Braai oor lae hitte vir sowat 2-3 minute per kant of tot goudbruin.

Haal uit pan en herhaal met res van brood en vulsel.

Jaffel-panne is landswyd te koop by The Crazy Store vanaf R99,99.