Pekanneutpoeding met karamelsous

Pekanneutpoeding met karamelsous

Kos

Pekanneutpoeding met karamelsous

Hierdie klein individuele poedings word voorgesit met ’n baie maklike karamelsous. Pekanneutpoeding met karamelsous

genoeg vir 6

  • 100 g (125 ml) sagte bruinsuiker
  • 175 g (315 ml) bruismeel
  • 125 ml melk
  • 1 eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 50 g (55 ml) botter, gesmelt
  • 200 g pekanneute

Karamelsous

  • 165 g vanielje-fudge
  • 250 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Spuit 6 holtes van ’n standaard-grootte muffinpan met kleefwerende kossproei. Meng suiker en meel in ’n mengbak. Klits melk, eier, vanieljegeursel en gesmelte botter saam in ’n ander mengbak. Voeg melkmengsel by die meelmengsel en meng goed met ’n houtlepel. Kap 100 g van die pekanneute fyn in ’n voedselverwerker. Vou neute in beslag en skep in muffinholtes. Plaas in oond en bak 30 – 35 minute. Druk ’n dun toetspennetjie in middel van ’n poeding om seker te maak dis gaar. Dit moet skoon en droog uitkom.

Karamelsous Breek fudge in stukke en plaas saam met room in ’n kastrol. Plaas op lae hitte en roer af en toe tot fudge gesmelt het en sous warm is. Keer warm poedings uit en rangskik res van pekanneute bo-op. Gooi van die warm karamelsous oor en sit die res van sous warm voor saam met poedings.

Pekanneutpoeding met karamelsous

Pekanneutpoeding met karamelsous