Moods-9736
Kos

Raak só ontslae van vreemde kombuisreuke

Kaneel is seker een van die mees nostalgiese reuke wat daar is … Dink net aan tuisgebakte melktert of pannekoek met kaneelsuiker, om nie eens te praat van pampoenkoekies nie!

Dit kan ook ’n lewensredder wees die kere dat minder aangename reuke jou kombuis oorneem. Soos wanneer jy ‘n pot suurkool kook, of behoede jou, dalk afval, en die geurwalms vir dae in die lug hang …

As jy volgende keer van ‘n vreemde reuk wil ontslae raak, probeer dié maklike wenk: Neem ‘n klein kastrolletjie en bring 1 koppie water en ‘n paar kaneelstokkies tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir ‘n paar minute sodat die aangename reuk jou kombuis oorneem. Dis dalk ‘n eenvoudige wenk, maar dit sal jou lewe verander.

Moods--3