sr1107hoofkos_1_
Resepte

2-sjokolade-mango-brownies

(8 porsies)

  • 185 g botter
  • 185 g donkersjokolade, grofgekap
  • 3 eiers
  • 250 g (310 ml) suiker
  • 95 g (170 ml) koekmeel
  • 100 g droëmango, fyngekap
  • 200 g witsjokolade, grofgekap

Verhit oond tot 160 °C. Sit botter en donkersjokolade in glasmengbak. Plaas oor pot met kookwater en smelt sjokolade en botter tot gladde mengsel. Voeg eiers een vir een by en meng goed. Voeg suiker by en meng goed. Sif meel en meng by gladde mengsel. Vou mango en gekapte witsjokolade by.Gooi mengsel in ’n pan van 25 x 25 cmwat met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas in warm oond en bak vir 40 – 45 minute of tot gestol. Die middel moet nog klam wees. Laat afkoel. Keer uit en sny in blokke van 3 x 3 cm.