Resepte

2de plek wenner Ineke de Brabander se bobotie-resep

(Genoeg vir 8 mense)

  • 30 ml botter
  • 1 ui gekap
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 3 ml borrie
  • ‘n knippie ‘all spice’
  • 1 dik sny brood  (korsies afgesny)
  • 125 ml melk
  • 5 ml bees ekstrak poeier
  • 125 ml kookwater
  • 1 kg beesmaalvleis
  • 50 ml fyn appelkooskonfyt
  • 25 ml blatjang
  • 100 g gevlokte amandels 
  • 5 ml sout en varsgemaalde peper
  • 25 ml suurlemoen sap
  • 125 ml pitlose rosyne
  • 2 groen appels gerasper

EIERMENGSEL

  • 2 eiers
  • 4 lourier blare of pieterselie

Voorverhit oond tot 180˚C. Smelt botter in braaipan en soteer ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg kerriepoeier, ‘all spice’  en borrie by en braai nog vir 2 minute lank. Week brood in die melk tot sag.  Druk melk uit en hou melk eenkant.  Maak die brood fyn met vurk, en los die bees ektrak poeier in kookwater op. Meng die uiemengsel, brood, vleis,  blatjang, amandels, beesvleis aftreksel, sout, peper, suurlemoensap, rosyne en appels goed saam. Skep hierdie mengsel in ‘n groot botter gesmeerde oondskottel. Smeer die appelkooskonfyt bo-oor die vleismengsel. Klits die eiers en uitgedrukte  melk saam en giet oor die vleismengsel. Rangskik die lourierblare bo-op. Plaas die bobotie in ‘n groot bak, vul met water ongeveer die helfte van die bak moet in die water staan. Bak die bobotie vir 1 uur of totdat die eiermengsel gestol en alles gaar is.